Locnville oppad na wêreldroem

E-pos
Print

Hulle het al hul naam op borste, rûe, mae en nog wat geteken en op die verhoog koes hulle woes vir bra’s en broekies. Jillende meisies gil hul name luidkeels en die titelsnit van hul eerste album, Sun in My Pocket, hoor jy oral.

Dis die rockerleefstyl, en die tweeling Brian en Andrew Chaplin (20) van die nuwe sensasie-groep Locnville kan nie genoeg kry nie. “Ons het dit nie verwag nie,” sê Andrew met daardie glimlag wat meisies laat swymel. “Ons wou net ons musiek uitreik en ons het gehoop dit word goed ontvang. Dit was ’n dol rit die afgelope paar maande.

Inderdaad. Hul eerste album het binne net drie maande goue status behaal en in dié kort tydjie het Locnville een van net ’n handjie vol Suid-Afrikaanse groepe geword wat ’n internasionale  platekontrak kon losslaan.

Nou die dag nog het Brian en Andrew in sakkerige jeans en groot T-hemde rondgeloop met ’n droom om dalk eendag sukses te smaak met hul musiek. Dis ’n skrale ses maande later en hulle het pas ’n platekontrak met die musiekreus Sony Music International gesluit – die tuiste van mense soos Britney Spears en Justin Timberlake.

Binnekort sal Locnville se musiek ook Amerika, die Verenigde Koninkryk en die res van die wêreld tref.

Die sakkerige jeans lê nou diep in die kas weggebêre en hulle wriemel deesdae doodtevrede in hul noupypdenims in. Die hare staan net so, en hulle lyk asof hulle pas van die stel van ’n musiekvideo af kom.

Locnville kan nog nie uitgepraat raak oor die geluk wat hulle getref het nie. Maar al lyk dit asof hulle skielik van nêrens gekom het, werk hulle al 13 jaar vir die aandag wat hulle vandag op ’n skinkbord kry . . .

Hulle was ses jaar oud toe hul ouers vir elkeen ’n kitaar present gegee het. Van toe af het hulle selde hul kitare neergesit, en op agt het hulle hul eerste enkelsnit, Amnesia, opgeneem – al het dit toe net hul klasmaats se ore bereik.

Die tweeling is in New York gebore en hulle was net 18 maande oud toe hulle na Suid-Afrika verhuis het. Hul ma, ’n Amerikaner, en pa, ’n Suid-Afrikaner, is geskei toe hulle nog jonk was.

Hul oupagrootjie is niemand anders nie as die wêreldbekende Amerikaanse akteur Charlie Chaplin.

Locnville Facebook-blad

Die volledige artikel verskyn in Huisgenoot van 20 Mei 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. marinda
    2011/08/18 05:31:03 nm
    Ek het die twee al ontmoet. Hulle is twee baie oulike seuns en so goed gemanierd. Hulle verdien elke stukkie geluk wat na hulle kant toe kom. Ek hoop dat hulle nog eendag die wereld gaan verower met hulle talent.
  2. l......
    2010/10/13 05:40:37 nm
    awe.....
  3. eli R
    2010/05/17 08:01:29 nm
    WOW dit wil gedoen wees, wys jou net, volharding en jou drome sal waar word MOOI!!! Ek gaan definitief jullemusiek CD aankoop.
  4. Rohan
    2010/05/17 03:28:31 nm
    Gaap...