Kurt is tops!

E-pos
Print

Kurt Darren het in 2009 die meeste CD’s in Suid-Afrika verkoop. Sy CD Uit die diepte van my hart met die treffer “Kaptein, span die seile” daarop is volgens die amptelike lys van topverkopers die voorloper van die jaar met verkope van meer as 160 000. Dié CD was 35 weke lank op die lys van die 20 top-verkopers.

Die 30 top-verkopers van die jaar word bereken deur te kyk na alle CD’s se vertoning deur die jaar op die amptelike weeklikse top 20-lys, wat op sy beurt bereken word aan die hand van verkoopsyfers soos handelaars dit verskaf.

Die top 30-lys is die naweek bekend gemaak en het ’n eerste opgelewer: die eerste vyf plekke word almal deur Afrikaanse sangers beklee.

Bok van Blerk was 2009 se naaswenner met sy CD Afrikanerhart (30 weke op die top 20). In die derde plek is 10 jaar platinumtreffers van Juanita du Plessis (28 weke), vierde is Breek die ys (23 weke) van Ray Dylan en vyfde Ons lieflinge/Our darlings (22 weke) van Rudi (Claase) en Corlea (Botha).

Op die internet
- www.kurtdarren.co.za

Wens vir Kurt geluk! Los 'n boodskap in die kommentaarveld hieronder



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Marié
    2010/04/23 12:14:06 nm
    Kurt, jy sal ALTYD my favourite bly, hoor!!!Baie geluk.Jy verdien dit.
  2. Cathrine
    2010/02/03 04:09:32 nm
    Baie geluk,Kurt! Jy verdien dit! Ek is seker daarvan dit het nie net in jou skoot geval nie,maar jy het hard gewerk om hier te kom. En jy verdien nog boonop so mooi vrou....EK IS TROTS OP JOU! Spite almal,en doen dit weeeeeeer!!
  3. Huisgenoot
    2010/01/05 04:13:21 nm
    Huisgenoot is sommer baie trots dat Afrikaanse musiek so ongelooflik goed verkoop! En baie geluk Kurt!