Kollig op Snotkop

E-pos
Print

Met die titel van sy nuwe album sê Snotkop reguit: ‘‘Francois Henning Was Hier.’’ Want dis amper asof hy die stempel van sy eie identiteit op die CD afdruk en verduidelik: ‘‘Ek kruip nie agter ’n skuilnaam weg nie. Ek is wie ek is en is trots daarop.’’ Hy het besluit dis tyd dat hy sy eie identiteit op ’n album wys, sê hy. ‘‘Dis ’n samevatting van wie ek is en waarvan ek hou. Op skool het kinders met passers hul name op die skoolbanke uitgekrap om hul merk te los. En dis wat ek met my nuwe album doen.’’

Al weet die meeste van sy aanhangers wat sy regte naam is, verskyn dit nou met sy derde Afrikaanse album vir die eerste keer op die CD-omslag. ‘‘Ek kan nie vir ewig Snotkop bly nie, ek kan myself mos nie meer op 45 Snotkop noem nie! Ek moet voortdurend transformeer, dis belangrik dat kunstenaars hulself gereeld reinvent.’’

Maar al sê hy hy bly aan die ontwikkel, sal sy nuwe album aanhangers nie teleurstel nie. Die titelsnit is ’n kragtoer, en daar is oudergewoonte ’n stuitige, onvergeetlike verwerking van ’n bekende liedjie. Suikerbos word in Suikerflossie omskep, en dit is voorwaar ’n hoogtepunt.

‘‘Die meeste van ons tradisionele liedjies is eintlik nogal erg – dit gaan altyd oor ’n gedrink of gedans of gevry! Ek het nie die betekenis van die liedjie verander nie; ek dra dit net op ’n nuwe manier oor . . .’’

Om treffers soos syne te skryf is ’n hengse uitdaging, sê hy. ‘‘Jy moet ’n liedjie skryf wat jou aanhangers ná die vierde luisterslag sal saamsing. Die belangrikste elemente bly ’n sterk melodie, tromme wat pomp, ’n lekker baslyn en tong-in-die-kies-lirieke.’’

Benewens die 12 liedjies op die album, bied die CD ook musiekvideo’s van sy treffers Kry Jou Ass by die Werk, Shut Up en Soen My en Katrien. ’n Gratis PlayStation-speletjie is by 5 000 van die album se uitgereikte eksemplare ingesluit. Dis mos ’n lekker pasella!

WEBTUISTE: www.snotkop.co.za
BESPREKINGS: Kontak Louis by 011- 704-1530 of louis@bse.co.za
PLATEMAATSKAPPY: Next Music
VERSPREIDING: Next Music
VERJAARDAG: 22 Desember

Vyf lesers kan Snotkop se CD wen. SMS die woord SNOTKOP, jou naam, en adres voor 28 Januarie om 17:00 na 34922. Elke SMS kos R2.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (6)


  1. Miem Henning
    2010/04/15 01:26:34 nm
    Ek is mal oor "SNOTKOP" se musiek, veral die liedjie "Ek Wens". Hou so aan jy ROCK!!!!!!!!!!!!!
  2. chantelle heholdt
    2010/02/16 03:13:49 nm
    Ek is n groot aanhanger van sy musiek maar dink tog om iets nuuts te probeer is nie so slegte idee nie want n mens groei en moet meer volwasse raak in jou lewe
  3. Leonie
    2010/02/12 09:11:17
    Francois, ek is mal oor jou en jou musiek! Jys heavy cool!!! Daars gerugte dat jy gay is, so what. Love you!!!!!!!!!!!!!!1
  4. Linda Boucher
    2010/02/08 05:23:53 nm
    My dogter is 16 en mal oor Francois. So gebeur dit dat hy en sy band by n venue naby tydens haar verjaarsdag optree.Sy wou niks anders vir haar verjaarsdag gehad het as om na die show toe te gaan nie.Na baie gesprekke en trane wen sy die stryd en ons neem haar toe. Mamma , ouboet, ouma en tannie gaan saam om my poplap te beskerm. Wat n aangename mens is hy nie!Hy maak haar aand die mees onvergeetlikste aand van haar lewe tot dusver. Hy is ordentlik en praat mooi met ouer mense.Vir die jonges is hy die coolste nog. Ek was nog nie een oomblikspyt dat ons haar geneem het nieWas daarna by nog n show en sal dit weer en weer doen.Die drommer Jady is net so vriendelik en ordentlik.Partykeer oordeel ons onregverdig.Mag julle net sukses smaak.
  5. Jaco Pretorius
    2010/02/08 10:09:42
    Baie nice, geniet dit regtig baie! As julle nie 5000 games in SA kry nie, ek het een in Australië...GAAN GROOT!!!
  6. Welma Immelman
    2010/02/05 10:11:33 nm
    Ek is mal oor Snotkop! Ek wil meer oor hom lees. Met al daai kaal girls in sy videos moes hy seker al baie girlfriends gehad het, want hoe kan 'n man dit hou met so baie vroulike vleis om hom? Ek sal graag wil lees oor Snotkop se liefdeslewe, Steve Hofmeyr s'n is al boring nie. Maar nie net Snotkop nie ek wil ook lees van Nicholis Louw se hartsake en Bobby van Jaarsveld s'n en Gerhard Steyn s'n