Kollig op Gerrie Pretorius

E-pos
Print

Gerrie Pretorius se jongste album, Alles Pas, het pas die rakke getref, maar die donkerkopsanger hou deesdae ook sy lyf platevervaardiger en werk aan die model Tanya van Graan se debuutalbum.

Daarby het sy teaterrestaurant, Die Kalahari, onlangs op George geopen en tussen al die bedrywighede deur is hy ook nog besig met opnames vir ’n televisiereeks, Tjailatyd.

‘‘Ek is verskriklik mededingend,’’ erken Gerrie. Sy agtste CD is ’n lekker kombinasie van ligte musiek en popklanke. ‘‘Ek eksperimenteer met verskillende style,’’ verduidelik hy. ‘‘Dis belangrik vir my om myself uit te daag, anders sal ek stagneer en doodgaan.’’

Op die CD-omslag skryf die sanger: ‘‘Daar is  ’n klomp mense daar buite wat deur die resessie geraak is, en ek wil met hierdie CD sê: Te hel daarmee, want ons gaan ons nog doodbekommer! Speel die CD hard, gooi ’n ietsie om te drink en nooi die buurvrou vir ’n dansie...’’

Hy glo musiek help ons om van die harde werklikheid te vergeet. ‘‘Dis soms nodig om van rekeninge en paaiemente te vergeet. Dis hoekom ons kunstenaars hier is – om mense te vermaak en hulle van die werklikheid te laat ontsnap.’’

Sy nuwe liedjies, Lekkerste Lyfie en Ek Wil Jou vir Altyd, is veral gewild, sê Gerrie. ‘‘Dit het eenvoudige, sterk melodieë.’’
Hy onderhandel nou met ’n televisiekanaal om sy reisprogram uit te saai. Vir Tjailatyd wil hy oor die wêreld heen reis en programme oor bekostigbare bestemmings aanbied. ‘‘Die program sal hopelik vanjaar uitgesaai word, en ons het reeds met die verfilming begin,’’ vertel hy opgewonde.

Sy teaterrestaurant op George is net die eerste van ’n hele paar, verklap hy. Al hou sy platemaatskappy, Celebrity Music Records, hom baie besig, wil hy nooit sy eie musiek laat vaar nie.

‘‘Ek beplan al klaar aan my volgende album. Ek gaan nooit uittree nie – ek gaan soos Neil Diamond wees en nog jare musiek maak,’’ beloof hy.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. LIZETTE
    2010/06/21 10:09:38
    Gerrie jou CD Alles pas is fantasties. Ek is mal oor joiu musiek, die woorde se baie.
    Hoop om jou binne kort weer in Polokwane te sien.
  2. Lani Loftie-Eaton
    2010/04/16 01:27:54 nm
    Gerrie, jy het n fantastiese stem en jou liedjies wat jy sing se woorde en ritme is van die beste.Ek is natuurlik n groot bewonderaar van jou, het ook natuurlik al jou cd`s en dvd`s.Ek sal graag van jou konserte wil bywoon. Wanneer kom jy Namibia toe?
    Ek wens jou net die beste toe en sterkte met jou sang loop baan.
  3. Lenchen Povey
    2010/02/04 02:55:53 nm
    Gerrie ek dink jy het 'n wondelike sterk stem.Ek het jou dvd waar jy hulde bring aan Bless en ek en my friende kyk die altyd oor en oor. Ek sal graag na een van jou konserte wil gaan, ek bly kyk wanneer kom jou konserte nader na ons toe. Ek bly op Burhmansdrift.

    Maar sal nog daar uitkom.

    Ek wens jou sterkte toe in alles wat jy mag aanpak.
  4. Cathrine
    2010/02/03 04:11:47 nm
    Ja,ja,ja! Kom maar eers by Kurt Darren,dan haal ek my hoed vir jou af!