Japsnoet op idols-grompie se skoot!

E-pos
Print

SY WAS veronderstel om soet buite saam met haar ouma te wag terwyl haar ma ’n oudisie voor Idols se streng paneel beoordelaars aflê. Maar Hannah Duvall (4) laat haar nie maklik keer nie.

Dit kon duisende TV-kykers sien toe sy iets reggekry het wat menige hoopvolle deelnemer haar sal beny – omRandall Abrahams, die beoordelaar met die giftong, te beïndruk.

En dít sonder om ’n noot te sing!

By ma Tracy (23) se woonplek in Red Hill, Durban, kan jy gou sien hoekom Hannah die hart van Idols se strengste beoordelaar laat vermurwe het. Toe die voordeur oopswaai, wil sy dadelik weet: “Wie is julle? Wat is jul name?” ’n Regte klein patroon.

Terwyl Tracy, die eintlike Idols-deelnemer, sap skink in die kombuis, kom vra Hannah ewe gasvry: “Wil julle dalk iets eet?”

Later begin sy ’n paar note op die klavier speel, so asof sy regmaak vir haar eie Idols-oudisie oor ’n paar jaar...



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Elmari springs
    2010/09/24 08:49:06 nm
    Ag cute
  2. Mevrou N R Moses
    2010/08/02 01:18:34 nm
    Aag, sy is te oulik,net so oulik soos haar mamma met die pragtige stem... hou vir jou duim vas,alles van die beste met jou sang loopbaan!!
  3. Rina Kleynhans
    2010/07/30 09:19:04
    Aag ja sy is pragtig....so Randall het ook ma n sagte kant wat ons nie altyd
    sien ne...hoop jy doen goed in Idols Tracy