Die Antwoord al vloekend beroemd

E-pos
Print

Zef verby. Dis hulle – en dis wat hulle nou kits-kultusstatus besorg het tot in Engeland, Europa en Amerika.

Die Antwoord het nog nie ’n enkele CD verkoop nie, die meeste Afrikaanse musiekmense het nog nooit van hulle gehoor nie en Afrikaanse musiekliefhebbers nog minder. Tog het hulle oornag ’n fenomeen geword – ’n kletsrymtrio wie se musiek soos ’n virale infeksie oor die internet versprei.

Enter the Ninja, een van Die Antwoord se musiekvideo’s, het al meer as 480 000 trefslae op die videowebtuiste YouTube gekry, terwyl Zef Side met meer as 350 000 spog, en skielik neem almal deeglik kennis van hulle. 

Hulle het pas ’n internasionale platekontrak losgeslaan en oorsese publikasies skryf met verwondering oor Ninja, Yo-landi Vi$$er en DJ Hi-Tek en die manier waarop hulle alles wat kommin – oftewel zef – aan die Afrikaanse gemeenskap is, skielik cool gemaak het.

Baie mense sal hul uitdagende musiek aanstootlik vind. Die lirieke is eksplisiet, die taal kru, die musiekvideo’s suggestief en daar is soms ’n amper gewelddadige, pornografiese onderstroming aan hul houding.

Tog word Die Antwoord se webtuiste oorstroom deur nuuskieriges.

Ninja is lank en skraal en het inkmerke oral op die lyf en die fyngeboude Yo-landi het ’n blonde mullet-haarstyl en spierwit wenkbroue. DJ Hi-Tek werk agter die skerms as die musiekvervaardiger.

Ses maande gelede het g’n mens nog gevra wat of wie Die Antwoord is nie, maar op 3 Februarie het dié rap-groep soveel opslae onder internasionale internetgebruikers gemaak dat ’n videogreep van hulle op die Amerikaanse TV-program Attack of the Show gespeel is. Daarna was daar ’n chaos op hul webtuiste met tot 10 000 trefslae per minuut, en sedertdien het 6 miljoen nuuskieriges al ’n draai daar gaan gooi.

Hulle het hul ding saam met DJ Hi-Tek begin.

“Ons is ’n spiff kommin en trots daarop. Almal het tog ’n stukkie innerlike zef. Selfs my ma,’’ laat hoor Yo-landi. Jy kan skaars glo dié fyn stemmetjie kan so laat looi met die kragwoorde.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 18 Februarie, onder meer wat hul ouers en ander oor hulle te sê het.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (14)


  1. Jana
    2010/05/21 09:32:34
    SWAK SWAK SWAK Gelukkig!!!!!! verskil smaak
  2. Ella
    2010/05/17 11:51:54
    Fanflippentasties. Hulle laat my vreeslik lag want ons almal ken tog n ou zeffer iewers lol. Marie hou op om jouself te ontstel oor sulke klein goedjies en begin eerder dink aan die misdaad in die land en wanneer jou perfekte 21 jarige dogter gerape gaan word of jou seun beroof en vermoor word vir n selfoon, Ek is baie Trots op Die Antwoord en hoop hulle sal nog ver kom. Dis net vir my snaaks dat mense nou hulle monde sal rek en tekere gaan oor Die Antwoord maar as daar iets omtrent die Misdaad in SA gedoen word is hulle bekke altyd stil en hulle sit agteroor en hoop alles word vir hulle gedoen. Gebruik julle negatiewe energie op iets beter.
  3. Cheri
    2010/04/20 01:12:05 nm
    Never ever seen Zeff so Fresh. Is mooi,
  4. Sonel
    2010/04/14 03:21:31 nm
    ek is glad nie mal oor die tipie musiek nie ma ek moet se dis die beste rap wat ek al ooit gehoor het. ek is mal oor die antwoord eminem kan maar gaan slaap want hier kom die antwoord!
  5. anrie
    2010/04/04 07:42:54
    I am a ninja! \m/ (",)
  6. mila
    2010/04/02 01:42:06 nm
    Die Antwoord is die antwoord!Dit vat groot kreatiwiteit om kommin,cool te maak.Nie al die Afrikaners is dieselfde nie en die res van die wereld wat nie 'n woord verstaan nie , is gaande omdat hulle die vermaak geniet. en dit nie persoonlik opvat nie.Die Afrikaners wat in 'n roomkoek wil leef,bly asb. daar en lees julle Bybel...niemand kritiseer julle daaroor nie.
  7. Piet
    2010/02/20 02:14:27 nm
    Absolute sedelike verval en platslaan van die Afrikaner word deur hierdie eenvoudige groep bevorder.Die wereld verstaan nie die woorde nie,daarom dink hulle dis so fantasties.Huisgenoot probeer hulle in 'n goeie lig beskryf maar gaan GOOGLE hulle en gaan kyk maar op hulle webwerf en besluit dan maar self.SWAK vermaak.
  8. Dirty Dan
    2010/02/16 09:42:01 nm
    Marie... hartjie.... ek het 'n spesmaas dat daar GEEN manier is wat jou kinders jou hul waarhede sal vertel nie.... hulle vertel jou wat jy wil hoor want hulle kan soos jou man nie die geteem verdra nie.....
  9. Afrikaner
    2010/02/16 01:56:53 nm
    Die antwoord is duidelik n teken van die mens se verval...... Wat is volgende???
    Dit is n skande dat dit party mense dit sien as kuns, want dit is alles behalwe!!
    mense verwar belangstelling met bewondering, die twee verskil hemelsbreed.
    En die huisgenoot wat dit publiseer, dit is nog n groter skande en moes in die
    eerste plek nie in dit tydskrif verskyn het nie..........
  10. Bokkie
    2010/02/16 10:32:55
    Dit is kuns, mense! Ek kan verstaan dis nie almal se smaak nie, maar die blote feit dat daar so baie internasionale belangstelling is bewys hulle het iets beet.
    Ek is trots op Die Antwoord - hulle sit Suid-Afrika op die map!
  11. vaatjie
    2010/02/16 10:11:58
    tipies huisgenoot, preets oude doos afrikaans, gun niemand niks, ga luister na jou kurt en jurie, miskien lees ons weer oor n molestering, weet nie hoe ek hier op gekom het nie, maar huisgenoot sit SA in n slegte naam, apartheid tydskrif
  12. griff
    2010/02/15 03:48:32 nm
    @Marie. Klim van die internet af. Mense wat in hoofletters tik is oningelig. Jou kinders luister na erger musiek, die run-of-the mill Afrikaanse drek.
  13. etter
    2010/02/15 11:39:07
    Marie, jy dink jou kinners is engels mar eintlik sit die tik in hule boude!!!!
  14. marie
    2010/02/15 09:19:48
    AFSKUWELIK - GELUKKIG DINK MY 21JARIGE DOGTER EN 16 JARIGE SEUN OOK SO.