Waar het dié skrywer, sjef en sanger die tyd gekry om so ’n pragtige stuk werk te vervaardig?
Nataniël se jongste CD is ’n moet-hê vir sy getroue aanhangers.
Die album bestaan uit twee CD’s en het ’n paar gewilde liedjies van drie van sy vorige albums, Portfolio, Dance ’Til I Break en Will He Weep.
Ons was ook dol oor Dancing out My Baby Shoes, Oh Rose en In Ev’ry Star, ’n duet met Joe Niemand.
CD: Act 2
Kunstenaar: Nataniël
Wat ons dink: 4/5