Bobby se nuwe CD - video

E-pos
Print

Musiekkenners voorspel al lank Bobby van Jaarsveld is die superster van môre. En met sy nuwe album, Net vir Jou, bewys hy inderdaad hy het alles wat nodig is om ’n legende in sy eie leeftyd te word.

Benewens die liedjie Spieëltjie, wat klaar ’n treffer is, is daar ’n hele paar aangrypende nommers op die CD soos die pragtige Lovesong Letter en Net vir Jou, en ook heerlike snitte soos Wie Is Jy.

Daarby het Bobby die introspektiewe, intelligente lirieke vir al die liedjies self geskryf. Jy sal sukkel om ’n gunsteling-liedjie te kies, want hierdie album beïndruk van begin tot end.

Kry nog musieknuus in Huisgenoot van 24 Desember.

Bobby op die internet:
- www.bobbyvanjaarsveld.co.za
- Facebook-groep.

Kyk Bobby se musiekvideo, Spieeltjie, hieronder:



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. chane grobbelaar
    2012/01/22 03:57:26 nm
    Ek is mal oor jou cd en oor jou baie. hoop jy maak nog baie musiek. Baie geluk met jou seuns
  2. larissa
    2011/03/23 10:10:53 nm
    jou cd is awsme met soos jy mwah
  3. Lindie du Toit
    2010/02/27 01:27:23
    Ek het na show van jou in Oudtshoorn kom kyk 26 Feb, wat my diep geraak het is veral die song ken jy my. Maar ek moet erken al jou songs het diepte en het baie beteken vir my omdat ek al self harde pad in my lewe moes stap. Elke liedtjie het met my gepraat asof jy my lewens-verhaal geken het. Dankie vir n wonderlike fantastiese show.....
  4. Branvon
    2010/02/23 10:34:01
    Jy is 'n inspirasie vir my as tiener seun. Ek hou ongelooflik baie van jou musiek en jy is 'n rol model vir my en wil ek verseker ook bereik wat jy al bereik het met jou sang asook geloof. Ek sing baie van jou liedjies by CC Studios waar ek sanglesse kry. Dankie vir jou wonderlike voorbeeld wat jy vir al ons jongmense stel.
  5. Karien
    2010/02/20 12:57:44 nm
    daai smile is addictive
  6. Stephani Claasen
    2010/02/16 04:18:15 nm
    Oee lala..Ek is verskriklik lief vir Robbie se musiek.Spieeltjie tickle my taste budds.. ek like....
  7. Corrie
    2010/02/09 04:36:58 nm
    Jou CD is pragtig. Net soos jy. Ek kan sien jy gaan nog baie hoogtes bereik