Volvo se byderwetse C30 is in sy goue jare en sy plaasvervanger behoort volgende jaar sy verskyning te maak. Tog beteken dit glad nie die C30 moet nou al deel van die motorgeskiedenis raak nie.
Hy is nou met ’n seepgladde, op en wakker 1,6 L-turbodieselenjin beskikbaar wat uitmuntende brandstofverbruik verseker.
Danksy sy ontrimpeling in 2010 kan dié driedeur met sy glasagterklap nog die koppe laat draai.
PRYS R252 600
ENJIN 1,2 L-turbodieselenjin; 84 kW, 270 Nm
VERRIGTING 0-100 km/h in 11,3 sek., topsnelheid 195 km/h; 4,3 L/100 km
Volg Huisgenoot op Twitter.