Top Gear-span kom na SA

  •  
  • 1
     Hou van
  •  
  • 0
     Hou nie van nie

Jeremy Clarkson en Richard Hammond
Jeremy Clarkson en Richard Hammond


As jy ’n toegewyde petrolkop is, as jy weet Top Gear is nie ’n klerewinkel nie en as jy oor Jeremy, Richard en James kan praat sonder om hul vanne te noem, dan moet jy volgende maand in Johannesburg of Kaapstad uitkom.

Dis omdat die BBC-motorprogram Top Gear (in Suid-Afrika op DStv), wat amper wêreldwyd kultusstatus geniet, na Suid-Afrika kom as deel van BP Ultimate se regstreekse Top Gear-vertonings op vier vastelande.

Die aanbieder, Jeremy Clarkson, en sy assistente, Richard Hammond en James May, sal aansluit by die 5FM-platejoggie en motorentoesias Sasha Martinengo by die vertonings van blink motors, brute krag en waagtoertjies. Kaapstad is die eerste keer op die toerprogram.

Om die vertoning se 94 voertuie en 150 stelle bande te vervoer, is 135 vragmotors, drie skepe en ’n vragvliegtuig nodig.

Jeremy en sy span is gaande oor Suid-Afrika en het die land al verdedig teen bangmaakstories oor die gevare hier. “As jy dit oorweeg om vanjaar na die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika te gaan, moet jy vir geen oomblik twyfel nie,” het hy onlangs gesê.

“Die wisselkoers is goed, die kos uitstekend, die weer net ʼn plesier en die Krugerwildtuin is nog vol diere.”

Top Gear is een van Brittanje se gewildste TV-programme en die formaat is aan buitelandse uitsaaiers verkoop. Die Amerikaanse, Australiese en Russiese weergawes is reeds in produksie.

Hoewel hy dit afmaak, word Jeremy as een van Brittanje se invloedrykste media-persoonlikhede bestempel. “Wat ek te sê het, maak geen verskil nie. Top Gear is spookasem. Dis vermaak. Toe ek sê die Ford Orion is die swakste motor wat nog gemaak is, het dit ʼn topverkoper geword.”

Lees meer oor Jeremy en sy Top Gear-span in Huisgenoot van 7 Januarie.


Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


  1. PG

    Alex1 month ago

    Ek het n seun wat gaande is oor hulle en elke artikel oor hulle volg.ek sal graag wou
    weet waar om kaartjies te kry vir hulle sodat hy hulle kan gaan sien.
Bladsy 1 van 1


Jou naam: Jou e-posadres:
  1. PG

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities