Voorbereiding
1. Diens jou motor voor jy 'n lang rit aanpak.
2. Koop 'n noodhulpkissie en hou hom in die kajuit.
3. Maak seker jou noodnommers is op maklik onthoubare plekke in jou foon gestoor.
Op pad
1. Handhaaf altyd 'n veilige volgafstand - twee motorlengtes vir elke 10 km/h bo 60 km/h.
2. Hou altyd jou veiligheidsgordel aan terwyl jy bestuur.
3. Stop sowat elke 200 km om te rus en vloeistof in te neem.
In 'n ongeluksituasie
1. Verminder spoed en probeer kontak vermy.
2. As jou motor nie ABS-remme het nie, pomp die rempedaal sodat die remme nie sluit nie.
3. Onthou, dis beter om iets met die voorkant van jou motor te tref as met die kante.
4. Lamppale, padtekens en ander motors is sagter as bome.
Bron: www.wheels24.co.za
Deel gerus jou wenke om veilig te ry in die kommentaarveld