Die goeie nuus: Die GTI waai die vlag vir standbeeld-soliede bou en rotsvaste ritgehalte waarvoor die Golf 6 bekend is.
En die slegte nuus: Hy’s net so duur soos ’n intree-C-klas, hy’t net 8 kW meer krag as die Golf 5, hy’s nie veel vinniger nie en is bloot te onderbeklemtoon vir ’n vlagskip.
Dis asof VW vasberade is om weg te beweeg van bekostigbare blitsbukse (soos die GTI Mk1 en -2) en net rykmanskarre te bou. Die Golf GTI stof dus die doelpale af, maar hy verskuif hulle nie.
Volgende jaar kom daar ’n Golf R uit met 200 kW en vierwielaandrywing wat die eens heilige GTI-kenteken tot vergetelheid gaan verdoem – en dit kan nie vinnig genoeg gebeur nie.
PRYS: R331 800
ENJIN: 2 L-viersilinder-petrol, turboaangejaag, 155 kW, 280 Nm
VERRIGTING: 0-100 km/h in 6,9 sek., topsnelheid 238 km/h, 7,4 L/100 km gemiddeld