Ontmoet die nuwe Polo!

'n Meer volwasse Polo met VW se moderner voorkoms nes dié van die Golf 6 en Scirocco, is hier. Die skerp hoeke, gespierde skouerlyn en gevormde agterstewe

is so reg uit die pen van Walter de Silva, die man wat die asemrowende Audi A5 ontwerp het. Die Polo lyk nie meer soos ’n bak jellie nie – dit is beter gedefinieerd en het grootgeword.

Dis langer, breër en ligter as sy voorganger en ry ook veel beter. Die soliede bou en rygehalte herinner aan dié van die eersteklas-Golf 6. En dit sê baie.

Die materiale binne is aangenaam om aan te raak, hoewel daar steeds plek-plek ’n spatsel goedkoop, harde plastiek is. Wat afwerking betref, het jy ’n keuse tussen swart en swart, met net ’n effense variasie in die materiaaltekstuur. By tye is die oormaat skakerings van swart oorweldigend, maar dit pas by die motor se ernstiger karakter en moderner voorkoms.

Omdat dit plaaslik vervaardig word, is die prys mededingend. Die basismodel is net R3 000 duurder as die vorige en en teen R209 900 is die vlagskip-dieselmodel goedkoper as sy voorganger.

Maar dit kan wees omdat albei die petrolenjins van die vorige reeks oorgedra is. Net die 1,6 L-diesel is nuut.
Danksy sy immer jeugdige karakter is die naaste mededinger, die fantastiese Ford Fiesta, byderwetser as die Polo – maar is dit beter?

’n Bitter stryd lê voor.

Die Polo-reeks
- 1,4 Trendline R144 900
- 1,4 Comfortline R161 900
- 1,6 Trendline R166 900
- 1,6 Comfortline R183 800
- 1,6 Comfortline Tiptronic R197 900
- 1,6 TDI Comfortline R209 900

Uitspraak
Dit is as Europese motor van die jaar vir 2010 aangewys. Dit sê genoeg.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (15)


  1. J.p Pretoruis
    2010/07/26 08:01:52 nm
    eeeeeeuw!!!!!!!!!! VW kon beter doen voorkant lyk soos peugout en agter lyk dit soos mini cooper
  2. Marinda
    2010/07/09 04:00:30 nm
    Genade ons..is enige iemand bereid om vir my een te skenk ? (",)
  3. suz
    2010/05/03 04:02:09 nm
    Ek sal ook nie omgee om die Polo te ry nie, swart of rooi!!!!
  4. Abrie
    2010/04/15 04:50:50 nm
    Dis regtig n wenner...
  5. Susan
    2010/04/14 03:56:03 nm
    wow stunning baie nice motor ek sal nie 2 keer dink nie
  6. JP FORD
    2010/04/11 06:26:24 nm
    Dit is maar net die beste en lekkerste kar vir die jong mense
  7. Annelize de Bruin
    2010/04/08 12:29:27 nm
    Die nuwe polo is voorwaar 'n mooi kar, daar is regtig baie moeite gedoen met die kar binne en buite, en hy ry soos n droom.
  8. Annelize
    2010/04/08 12:19:10 nm
    Glo my die nuwe Polo is n besonderse kar binne en buite. My man het een en die kar ry soos n droom.
  9. Volkswagen fan
    2010/03/30 08:21:10
    Ry reeds 'n polo 1.6 comfortline. Sal nie omgee om hierdie nuwe reeks te besit nie.
    Dit is 'n regtig 'n droomkar.
  10. brenice
    2010/03/13 08:40:52
    Sal baie graag een wil he!
  11. Jan
    2010/03/03 11:22:45
    eek!
  12. john
    2010/03/02 05:58:24 nm
    Magda jy is baie gelukkig. Dis 'n vrek mooi kar.
  13. clifton
    2010/02/21 05:20:21
    ek hou van daai polo alhoewel ry ek nog met my jetta mk 2, because why eks n VDUB fa
  14. magda rabie
    2010/02/17 04:05:50 nm
    Defnitief myne vir kersfees ........ Ek kan nie wag nie en ek soek net so rooi kleur een soos die.
    My man gaan die nuwe reeks Volkswagen Bakkie wat ook die jaar uit kom vir hom koop en my Touran inruil want dit is net te groot vir my.

    Ek is so opgewonde ek kan nie wag nie.
  15. wn
    2010/02/17 10:56:58
    ek hou van dit!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities