Nou herroep Nissan ook voertuie

E-pos
Print

Nissan gaan sowat 540 000 motors herroep as gevolg van probleme met dié voertuie se remme en brandstofmeters.

Die meeste van die Nissan-modelle sal in die VSA herroep word. Nissan sê dit beplan om hierdie motors na te gaan en indien nodig die rempedale en brandstofmeters te vervang.

Volgens Nissan is geen ongelukke of beserings as gevolg van hierdie probleme aangemeld nie.

Intussen het Nissan Suid-Afrika ‘n verklaring uitgereik waarin die vervaardiger sê dat Suid-Afrikaanse modelle nie geraak word nie, maar volgens die motor-webwerf, Wheels24, kan besorgde Nissan-eienaars wel hul voertuie inneem vir ‘n gratis inspeksie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (9)


  1. meisie johnson
    2010/11/16 08:14:55
    ek het 'n nissan exa turbo 1986 gery en het nooit probleme gehad nie.het dit in 'n ongeluk verloor.My man ry 'n nissan bakkie 1800 model 1989 wat nog steeds op die plaas loop en uitstekende diens gee. Nissan bo!
  2. Morries
    2010/09/16 11:06:15 nm
    Ek is `n GROOT nissan fan. Ek ry `n Almera en `n Hardbody. My voertuie word gereeld gediens by `n garage en ek het nie `n dag se moeilikheid met die voertuie of die garage wat my voertuie diens nie. Dis nie almal wat skelm is nie. Dankie vir die Eerlike Garage wat my voertuie Diens!! NISSAN BO!!
  3. Alta Kruger
    2010/06/08 04:23:15 nm
    Elsabe : Die fout met trade-ins is dat die garages moet wins maak. Eers het ek dit nie verstaan nie, maar deesdae begryp ek nogal dat hulle hemelhoë huur betaal vir hulle "fancy showrooms", water en ligte, salarisse, bankkostes, ens. Dan koop hulle nog die voertuie in teen 'n sekere bedrag. As daardie voertuig te lank op die vloer staan, dalk drie of vier maande, word sy wins opgevreet deur kostes. Ek verstaan dit, besigheid is nie sentiment nie, al stem ek nie daarmee saam nie. Maar so leer ons. As jy 'n voertuig koop, weet vir seker hy is die helfte werd van wat jy betaal het wanneer jy by die showroom uitry. Want as jy hom wil verkoop, gaan hulle jou vertel die jilos is te hoog, die interior is vrot, niemand soek so kar nie en hulle doen jou 'n guns om hom te koop.
    Dewald, Peet en Deon: Ek stem saam met julle. Moet nooit 'nvoertuig diens nie, want dan breek niks. Sodra jy hom garage toe vat, vind hulle duisende rande se foute wat nie lewensgevaarlik is nie maar wat hulle werkswinkels aan die gang hou en jou duisende kos. Ek stem vir geen dienste. En julle?
  4. Peet
    2010/04/15 04:55:40 nm
    Elsabe, daar is 'n groot verskil tussen Trade-in en Retail. Jou kar se Trade-in is dalk R94,000-00 maar hulle kan hom dan vir R113,000-00 verkoop.
  5. deon
    2010/03/31 08:41:32
    Ek ry nou al van 1987 net nissans.my 2004 hardbody het 386000 km opgehad toe ek hom in geruil het op n pathfinder.In hierdie tyd was die voertuig net 1 keer gediens met 100 000 km op.ek het selfs aan motor wedrenne deel geneem met hom.Sy remskoene is op 293000 km vervang,nooit enige probleme met die remstelsel nie. Ek het op die oomblik n Navara en n Pathfinder.Hulle is net so goed maar word darem nie so deur die agterent getrek nie. NISSAN BO.;;;;;;;;shift mud,sweat and champaign.
  6. Dewald Schultz
    2010/03/30 04:25:42 nm
    Dis 'n jammerte dat die diens en kwailtyd so agteruit gaan. Ek ry 'n 97 Sentra wat al oor die 170 000k's op het, nog nooit enige probleme gehaad nie. :)
  7. Elsabe
    2010/03/10 09:33:54 nm
    Ek het 'n Nissan Tiida 2007 model 'n maand terug vir R113,000- 00 tweede hands gekoop. Toe ek nou uitvind, 'n maand later van sy waarde, toe se hulle hy is sowat R94,000-00 werd. Hoe kan dit wees?
  8. Lea
    2010/03/05 01:38:18 nm
    Gaan karre ooit weer veilig wees? Massa produksie maak dat daar teveel foute met doe produksie kom, en ONS lewens in gevaar stel. Ek ry op n oomblik n Nissan, so die twyfel van die veiligheid sal altyd daar wees.