Die vorige generasie Nissan Micra het ’n goeie reputasie as ’n klein stadsmotortjie, maar sy prys het teen hom getel. Nissan het dit reggestel met die nuwe, meer bekostigbare Micra.
Hy het al die geriefs- en veiligheidskenmerke wat van ’n motor in sy prysklas verwag kan word, maar dis veral sy 1,2 L-
petrolenjin wat met sy kraglewering beïndruk.
’n Mens voel dat hy gebou is om jare lank betroubare vervoer te bied.
PRYS R129 500
ENJIN 1,2 L-viersilinder-petrol; 56 kW, 104 Nm
VERRIGTING 0-100 km/h in 13,2 sek., topsnelheid 166 km/h; 5,2 L/100 km
Volg Huisgenoot op Twitter.