In ’n klas van sy eie

E-pos
Print

Mercedes-Benz se C-klas verkoop soos soetkoek in Suid-Afrika, en veral nadat dit vanjaar ’n verjongingskuur gehad het, is dit maklik om te verstaan hoekom.

Selfs voor die opknapping was dit moeilik om nie van die C-klas te hou nie. Nou, met sy sportiewer voorkoms en beter binne-afwerking is dit nog begeerliker.

Ja, Mercedes het seker gemaak die C-klas is gerat om die nuwe BMW 3-reeks aan te vat.

Die opgekikkerde C-klas spog byvoorbeeld met 2 000 nuwe of verbeterde komponente. As jy agter die stuur inskuif, voel dit asof jy in ’n effens kleiner weergawe van sy weelderige grootboet, die S-klas, sit.

Boonop is die 2,2 L-turbodieselenjin ’n juweel met oorgenoeg woema terwyl dit ook omgewingsvriendelik is. Die C250 CDI het ook Mercedes se outomatiese sewegangratkas met ’n sport-, gemak- en eko-rymodus.

Daar is sewe lugsakke regdeur die binneruim versprei en talle bestuurhulpmiddels. Al die verbeterings laat die C-klas na ’n splinternuwe reeks voel.

Mercedes-Benz C250 CDI
Prys R470 000
Enjin 2,2 L-viersilinder-turbodiesel; 150 kW, 500 Nm
Verrigting 0-100 km/h in 7,0 sek., topsnelheid 240 km/h; 5,3 L/100 km

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.