Ford het pas sy nuwe Ford Focus by die Detroit-motorskou in Amerika gewys.
Hierdie nuweling, wat eers in 2012 in Suid-Afrika sal wees, is 'n belangrike produk vir Ford.
Nie net moet dit in Europa (en natuurlik Suid-Afrika) met die gewilde VW Golf meeding nie, maar dit is 'n sleutelproduk vir die vervaardiger se sukses in Amerika ook.
Die nuwe Focus se ontwerp is radikaal anders as die huidige model, en vertoon meer elegant - terwyl daar darem 'n trek of twee van Ford se uitstekende Fiesta ook is.
Vir meer daaglikse motornuus, besoek www.wheels24.co.za.