Amok in die bakkiemark!

E-pos
Print

Dit is moeilik om te dink Volkswagen se Amarok is eintlik dié Duitse vervaardiger se eerste probeerslag in die eentonbakkie-segment. Hy gee jou die indruk dat Volkswagen al jare lank ’n rolspeler in die grootbakkiemark is.

Die dubbelkajuit het reeds binne ’n paar maande ’n goeie naam gekry en die nuwe enkelkajuit hoef ook vir geen mededinger terug te staan nie.

Wat jou veral beïndruk, is die enkelkajuit se massiewe bak. Met ’n afmeting van 1 620 mm het dit nie net die breedste laaibak nie, maar die bruikbare breedte van 1 222 mm tussen die wielboë is meer as 10 cm meer as dié van sy naaste mededinger.

Die Amarok is ook die enigste voertuig in sy klas wat vir twee Euro-palette dwars voorsiening kan maak. Boonop is sy rygenot meer soos ’n sportnutsvoertuig as ’n tipiese bakkie.

Volkswagen Amarok 2,0 TDI 4Motion
PRYS R278 421
ENJIN 2 L-viersilinder-turbodiesel; 90 kW, 340 Nm
VERRIGTING 0-100 km/h in 13,2 sek., topsnelheid 162 km/h; 7,6 L/100

MEDEDINGERS
Toyota Hilux 2,5 D-4D 4x4 SRX
Isuzu KB 250D-Teq 4x4
Ford Ranger 2,5 TD 4x4
Nissan NP300 2,5 TDI 4x4
GWM Steed 2,5 TCi 4x4

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.