Charlize by Sondagaand se Oscar-toekennings
Die Benoni-skoonheid Charlize Theron se modestyl op die rooi tapyt is altyd perfek maar by die onlangse Oscar-toekennings in Los Angeles was haar ligpers rok nie noodwendig die beste keuse nie.
Dié rok wat deur John Galliano vir Dior ontwerp is, het modekenners aan die lag gehad met die twee plat rosette wat oor haar borste gepronk het.
Joan Rivers, wat bekend is vir haar giftong as dit by mode kom, het gesê dié rose verteenwoordig Cinnabon Cakes, ‘n kaneel-rolletjie wat deur ‘n bekende Amerikaanse ketting-bakkery gemaak word.
Jacquie Myburgh Chemaly van die Times meen Theron wen die toekenning vir die lelikste uitrusting by vanjaar se Oscars.
Bron: www.nuus24.com