Wortelkoek-kolwyntjies

E-pos
Print

Die geurige kolwyntjies kry, buiten wortels, ook nog ’n goeie skoot patat in wat help om die glisemiese indeks daarvan te verlaag. Ek het die suiker en olie daarvan heelwat verlaag om dit gesonder te maak.

Maak 12 kolwyntjies
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute
Koste per kolwyntjie: R4,27
Verpakking: papierbakkies

KOEK
160 ml (¾ k) bruinsuiker
125 ml (½ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
3 ekstra groot eiers
375 ml (1½ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie sout
2 ml (½ t) fyn kaneel of neutmuskaat
500 ml (2 k) fyn gerasperde geelwortels
250 ml (1 k) fyn gerasperde patat
125 ml (½ k) sultanas
250 ml (1 k) amandelbrokkies of gekapte okkerneute
fyn gerasperde skil van ’n halwe suur-
lemoen
15 ml (1 e) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas ’n papierhouertjie in die holte van ’n muffinpan.
Verroom die suiker en olie tot romerig. Klits die vanieljegeursel en die eiers by. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en speserye oor en vou in. Voeg die res van die koekbestanddele by en meng deur. Skep die muffinholtes driekwart vol. Bak 30-40 minute tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom. Keer op ’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.

VERSIERSEL
200 g gladde laevet-maaskaas
45 ml (3 e) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Meng al die bestanddele van die versiersel en smeer oor elke muffin net voor opdiening.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (18)


  1. sonja de ridder billson
    2011/08/25 05:23:26 nm
    Ruil patat om met fyn pynappel waarvan die sap goed uit gedreineer is ! dit maak sommer n lekker klam kolwyntjie !!
  2. Heila Louw.
    2011/06/04 05:24:00
    Baie dankie vir resepte, ek bly in New Zealand, so die Arikaanse resepte is vir my kosbaar!!!
  3. Hannelie Horn
    2011/06/03 11:40:13
    Baie dankie Huisgenoot. Julle maak mens net honger. Jul resepte is so volledig en dit is nooit 'n flop.
  4. Janet
    2011/01/15 04:20:47 nm
    Ek is baie lief om resepte bymekaar te maak. Het al die resepte in leers gebere besig met my 11 3n 12 de leer. Maar het reeds 5 ander leers gemaak en ek en 'n resep jul wil nie weet........
  5. Lorayne
    2010/11/12 01:18:59 nm
    Ek is opsoek na 'n vrugtrekoek-resep wat ek as kolwyntjies kan bak. Kan iemand help asseblief. Ek kan nie eintlik resepte aanpas nie, en die normale baktyd vir vrugtekoeke is baie lank. Die kolwyntjies sal vir 'n veel korter tyd in die oond moet wees, maar vir hoelank? Dankie vir al die watertand resepte.
  6. Elise van Dyk
    2010/11/11 03:10:11 nm
    Ek is op soek na REGTE outydse soetkoekie resepte. My oorlede Ma het altyd sulke lekker koekies gebak met gemengde speserye, maar die resepte het verlore geraak.
  7. Chantelle van Rensburg
    2010/10/15 03:00:32
    Ek is mal oor julle fantastiese resepte, baie dankie! Ek is ook op soek na daardie kleinkoekie resepte wat in die huisgenoot was, sal Olga Langeveld so wonderlik wees om dit vir my ook af te laai as dit moontlik is? Ek sal dit geweldig baie waardeer :) My epos : chantellejvr@gmail.com
    Groete vir almal wat so hou van die resepte .. lekker werskaf in die kombuis :)
    Chantelle
  8. Julia Khito
    2010/08/12 02:18:55 nm
    Hou vreeslik baie van julle resepte. Daar is altyd ietsie vir ons nie-bobaas-baksters ook in. Soek nog meer sulke resepte.
  9. Tina
    2010/07/27 11:31:23
    Goeie more almal ek soek dringend 'n resep vir Skurwe hakskeentjies wat in die Huisgenoot kookboeke verskyn het 'n jaar of wat terug. my e-pos adres s: tinan@komatsu.co.za


  10. Marietjie Barnard
    2010/07/23 01:00:54 nm
    Kan iemand asb vir my se hoe kan ek kolwyntjies bere sodat dit lank lekker vars bly?
  11. Delmarie Hattingh
    2010/03/26 09:47:11
    Baie dankie dat die resepte so volledig is. Ek is tans 'n matrikulant by Hoerskool Bergsif en moes dringend mooi prente kry vir my verbruikersstudie taak. Julle het my baie gehelp.
  12. OLGA LANGEVELD
    2010/03/25 04:04:53 nm
    EL-MARIE.....DIT WAT JY SOEK IS IN HUISGENOOT VAN 17 JULIE 2003.
    STUUR AAN MY JOU E/POS ADD......EN EK LAAI DIT VIR JOU AF.
    GROETE OLGA LANGEVELD.
  13. OLGA
    2010/03/25 12:06:33 nm
    Gaan in op GOOGLE KLEINKOEKIES.Glo my blikke is vol vir skoolvakansie.Groete
  14. EL-Marie
    2010/03/23 12:40:31 nm
    Ek is op soek na 'n resep wat jare gelede in die Huisgenoot verskyn het onder die opskrif "Maak die koekblikke vol vir die vakansie" Dit het bestaan uit een resep met variasies vir klein koekies. Van vla koekies tot grondboontjiebotter koekies. As iemand my dalk kan help sal ek dit baie waardeer
  15. Marietjie Lombard
    2010/03/07 08:28:04 nm
    Daar is 'n redelike verskil in die kJ tussen appel en patat. 100g van elk bevat onderskeidelik omtrent 200kJ en 600kJ. Patat egter sal jou bloedsuiker baie langer op die regte vlak hou agv die glisemiese indeks. Patat bevat ook proteien en heelwat meer kalsium, yster en Vit A.
  16. Lee Vorster
    2010/02/16 01:20:47 nm
    Probeer appel in plaas van patat.
  17. Heidi Weber
    2010/02/11 10:30:23
    Hou nie van patat in die resep. Is te ryk - AL DIE KJ !!