Wat eet ons in 2010?

E-pos
Print

Om meer uit te vind oor hoe ons vanjaar gaan eet, het ons gaan kers opsteek by: Errieda du Toit, medeskrywer van Huiskok, Glanskok; Nic van Wyk, sjef van die Kleine Zalze Lodge, Stellenbosch; Neil Stemmet, restaurant-en-koskonsultant; Hennie Fisher, dosent in fynkookkuns aan die UP; Ina Paarman, kosprodukvervaardiger; Lientjie Wessels, eienaar van ’n kos-en-dekorwinkel in Pretoria; Riana Greenblo, promosiebestuurder van kos en restaurante; Caro de Waal, sjef van Food24; en Johan van Zyl, redakteur van VISI.

Lees meer hieroor in die Huisgenoot van 7 Januarie 2010.

Watter kos dink jy gaan gewild wees in 2010? Gee jou opinie in die kommentaarveld hieronder.  



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (23)


  1. Marli
    2011/03/29 05:10:09 nm
    Amanda, ek maak my beskuit deeg aan, maak plat brode so rond soos pizza deeg, sit vulsel op soos kaas en bacon, sny dit in 6-8 skywe en rol dit op van die breedste na dunste, laat rys en bak tot gaar. dan vries ek dit en haal uit soos nodig. Die vulsel kan enige iets wees waarvan jy hou. Ek maak ook vleispasteitjies, ouvrou onder die kombers, gevulde pannekoek met kaassous oor. Hulle is rerig dol daaroor.
  2. Bettie Pretorius
    2011/03/05 05:57:04 nm
    Help, ek soek raad vir 'n 21ste verjaardag in Mei met 'n griekse tema. Ek soek alle griekse disse moontlik om uit te kies, maar dit moet asseblief bekostigbare geregte wees. Dankie
  3. Madelane Engelbrecht
    2011/03/03 04:37:27 nm
    Betsie, as jy nog nie reggekom het met die lemoenkoekresep nie, ek kan help. Ek is absoluut verslaaf aan resepte bymekaarmaak LOL!

    Ek stem saam - maklike, vinnige, goedkoop aandetes is die in-ding
  4. Hester
    2011/02/03 01:09:01
    Kan iemand my asseblief help! Ek het die heerlikste sjokoladekoek by iemand geeet, maar ek weet nie wat is sy naam. Ek is op soek na sy resep. Dis 'n sjokoladekoek wat baie nat en sappig is met die heerlikste sjokoladesous bo-oor.
  5. Betsie
    2010/11/01 10:54:01
    HELP! Ek is op soek na 'n lemoen koekresep met 'n lemoen stroop daaroor. Het al 'n paar resepteboeke probeer, maar almal is nie suksesvol nie. Kan iemand asb help?
  6. Mari
    2010/10/19 12:52:25 nm
    Ek is opsoek na outydse soetkoekie resep. Maar dit moet nie allerhande kruei in kry nie. Net botter, suiker, eiers, meel, ens (plain plain plain) asook hertzoggie tertjies. Enige droe koekie resep om die koekblikke vol te maak vir die kersseisoen
  7. Christa
    2010/10/15 02:33:18 nm
    Ek hou van resepte met bestanddele wat altyd in jou koskas is. Resepte met bestanddele wat net by spesifieke winkels of deli's gekoop moet word blaai ek maar verby. Hou ook glad nie van die stapeltjies nie, want dit eet baie ongemaklik. Nee, gewone alledaagse bestanddele en boerekos bly maar die beste!
  8. amanda
    2010/10/12 02:18:58 nm
    ek het n man wat op die myn werk, ..... en n groot seun wat ok werk .... ek is raad op met blik pak die daaglikse toebrooitjies is af gesaag ... en ek het nie mee idees nie A.S.B. help ( EK PAK AL BLIK VIR 33 JAAR) ......kan iemand my help sal dit wadeer dankie.
  9. Shirlene Mouton
    2010/10/07 05:13:20 nm
    Lekker bord boerekos asseblief dis nou wat mens kos noem die uitheemse disse doen dit nie vir my enige een met lekker egte boerekos resepte sal ook doen...dankie
  10. Marlene de Vos
    2010/10/05 12:45:27 nm
    Ek soek 'n baie lekker bobotie resep is mal daaroor maar nog nooit self gemaak nie
  11. Allewyn van Jaarsveld
    2010/05/14 06:09:15 nm
    Ons oupas en oumas het soos konings ge eet.Back to basics mense back to basics!!! Kom ons kook wer bredies wat heerlik smaak en nie vol tielantyntjies is nie.Lyk my ons het vergeet van Koolbredie,groenboonbredie tamatiekos melksnysels waterblommetjies en nog vele meer.....Ons eet te veel souse ens wat net vet maak.Geniet dit om te eksperimenteer met basiese goed wat almal in die huis het en vergeet om Fancy te wees...Winter is sop tyd...nooi gaste oor en almal bring hulle sop saam en gasvrou maak die broodjies.
  12. Charlene Mathee
    2010/05/14 02:43:56 nm
    'n Mens raak moeg om elke dag van 'n mense se lewe kos te maak. Ons soek nou kos om vinnig te maak en wat lekker is! Om elke 2de of 3de aand min of meer die selfde te eet, wel kan ek nog meer se! Is daar iets wat ek kan maak vanaand? Veral op 'n vrydag aand?
  13. michelle
    2010/04/01 04:57:56 nm
    groot asb. meer binne versiering. en resepte vir 6 binne 1/2 uur
  14. esme
    2010/03/16 04:36:35 nm
    soek idees vir di kosblik
  15. ralie grobler
    2010/02/05 12:36:39 nm
    Omdat daar in huisgenoot altyd beproefde resepte is, kan jy dit maar maak, en dit sal 'n sukses wees. Dis lekker en gesinsgunstelinge. Dankie huisgenoot enStork.
  16. Annetjie Vos
    2010/02/05 10:13:20
    Maklike, vinnige resepte is altyd gewild. Deesdae het ons nie meer tyd om lank voor
    die kospotte te verwyl nie. Dus, enige gestoomde of geroosterde kos is vir ons baie
    lekker, om nie te praat van vinnige mikrogolfdisse nie!
  17. Beatrix
    2010/02/04 11:26:28
    Melk kos is n baie maklike kos soort wat jy kan maak.
    Pannekoek met gevulde maalvleis.
    Ag sommer maar net roosterbrood met maalvleis.
    Dan is daar vis met griekse slaai en knoffel rolletjies.
    Of sommer net vis met groenslaai.
  18. Dalene Steyn
    2010/02/03 02:13:02 nm
    Lekker vullende etes wat min kos! Almal steier onder die vreeslike kospryse. Miskien kan Huisgenoot help deur lesers te vra om hulle goedkoopste maaltye vir `n gesin van 4 in te stuur. Ek is seker daar is baie lesers met hope idees!
  19. Yolandé
    2010/02/03 10:00:54
    Enige maklike vinnige kos, wat jou terselfde tyd laat gewig verloor ....... asseblief !!!
  20. anna van eeden
    2010/02/03 08:32:52
    enige maklike resepte vir werkende mense maar dit moet sommer die rolletjies laat verdwyn na die lekker vakansie kos.
  21. Chantell KRaft
    2010/02/01 09:47:09 nm
    Asseblief ons maklike maar lekker kos asseblief.. Vir die warm somer lekker koel goedjies en vir die winter lekker warm goedjies.. Dankie
  22. Leo
    2010/01/15 03:22:23 nm
    Ek dink mense gaan terug na meer basiese, ongekompliseerde kos. Ek dink almal is moeg van kos in stapeltjies met souse bedrup.