Veelsydige sjokoladekoek

Hierdie koek kan jy in ’n oondpan bak en blokkies koek maak. Anders kan jy ’n ronde koek bak – die beslag is baie, maar jy kan alles op een slag in die pan giet en dan net langer bak of verdeel die beslag in twee en bak twee koeklae en plak dit opmekaar met versiersel.

Sjokoladekoek: Bereiding: 10 minute; baktyd: 40-60 minute.

Bêremengsel

Maak 1 350 ml bêremengsel (genoeg vir 1 oondpankoek of ’n hoë 20 cm-koek). Bestanddele: 750 ml (3 k) koekmeelblom; 20 ml (4 t) bakpoeier; 375-500 ml (1½-2 k) witsuiker; 5 ml (1 t) koeksoda; 80 ml (⅓ k) kakao en ’n knippie sout

Sif al die bestanddele 3 maal saam en bêre dit in ’n lugdigte houer op ’n koel plek.

Bestanddele

1 x basiese bêremengsel;
500 ml (2 k) kookwater;
250 ml (1 k) olie;
10 ml (2 t) vanieljegeursel;
50 ml witasyn

Versiersel

1 blik (410 g) ingedampte melk;
125 ml (½ k) suiker;
3 plakke (100 g elk) neutsjokolade, in blokkies gebreek;
bessies vir oorsprinkel.

Plaas al die bestanddele vir die versiersel in ’n kastrol en verhit oor matige hitte tot die sjokolade gesmelt is. Kook sowat ’n halfuur tot dik. Sny die koek horisontaal in die helfte indien verkies en plak die lae met van die versiersel opmekaar. Versier met orige versiersel en sprinkel die bessies oor.

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cm-koekpan of ’n 27 x 40 cm-oondpan goed met margarien of spuit met kossproei. Voer die kante van die koekpan uit met bakpapier om ’n kraag te vorm. Plaas die bêremengsel in ’n groot mengbak. Meng die kookwater, olie, vanieljegeursel en witasyn in ’n beker en giet egalig oor die droë bestanddele. Klits met ’n vurk tot dit gemeng is. Giet in die voorbereide pan, stamp effens om die grootste lugborrels te verwyder en bak sowat 40-60 minute tot gaar en tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Bedek met tinfoelie indien die koek te donker word. Keer die ronde koek uit op ’n draadrak en laat afkoel.

Nog resepte in Huisgenoot van 18 Februarie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. lorraine
    2010/04/16 04:43:09 nm
    ek het dit gebak en dit is heerlik.ek het dit net gouer gebak
  2. pieter.barend boshoff
    2010/03/26 03:44:32 nm
    dankie vir die resep gaan dit probeer
  3. Miemie Kapp
    2010/02/21 12:29:28 nm
    Ek het al 'n soortgelyke koek gebak en dit was fantasties, gaan hierdie een ook probeer!
  4. lollies
    2010/02/19 12:35:42 nm
    Dit lyk vrek lekker hoor!!!!! Kan nie wag om dit uit te try nie!!!!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities