Varktjops met crème fraîche en heelkorrelmosterd

E-pos
Print

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15-20 minute


6-8 varktjops
sout en vars gemaalde swartpeper
50 ml koekmeel
30 ml (2 e) botter
60 ml (¼ k) heelkorrelmosterd
30 ml (2 e) sterk Dijon-mosterd
250 ml (1 k) crème fraîche
250 g heel groenbone
sap en skil van een suurlemoen

Geur die varktjops met sout en peper en rol in koekmeel; skud die oortollige koekmeel af.

Verhit die botter en braai die varktjops tot goudbruin aan albei kante.

Roer die heelkorrelmosterd, Dijon-mosterd en crème fraîche by, bedek en laat prut sowat 15 minute oor lae hitte.

Voeg die groenbone, sap en skil by en laat prut nog sowat 5 minute of tot die vleis net gaar is.

Geur indien nodig. Sit voor met gebakte soetpatats en groenslaai.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 25 Februarie 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.