Tsjermoela-hoender

Tsjermoela is ’n geurige Marokkaanse smeermengsel wat baie lekker is saam met vis en hoender.

Daar is baie verskillende resepte – pas dit aan om by jou smaak te pas.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Staantyd: oornag of minstens ’n paar uur
Gaarmaaktyd: 40-60 minute

TSJERMOELA
1 groot ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
7 ml (1½ t) fyn komyn
2 ml droë brandrissiepoeier
5 ml (1 t) gerookte paprika (of gewoon)
7 ml (1½ t) borrie
skil en sap van een groot suurlemoen
60 ml (¼ k) vars pietersielie, fyn gekap
60 ml (¼ k) vars koljanderblare, fyn gekap
5 ml (1 t) sout
2 ml grof gemaalde swartpeper
60 ml olyfolie

HOENDER
8 hoenderporsies
500 g jong aartappels, gaar
vars pietersielie vir garnering
2 groot suurlemoene, gehalveer

Meng al die bestanddele vir die tsjermoela. Plaas die hoenderstukke in ’n groot glasbak, skep die tsjermoela oor en meng. Laat marineer oornag of minstens ’n uur of twee.

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die hoender in ’n oondbak en bak sowat 40 minute of tot byna gaar.

Sny die aartappels in kwarte en rangskik dit tussen die hoenderstukke. Bak nog 15-20 minute of tot gaar.

Garneer met vars pietersielie en sit voor met suurlemoenhalwes en vars gebakte brood.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


  1. n
    2010/03/04 11:51:38 nm
    Gomotsegang try youmagazine.com they should have the same recipies
    Here girl, is your translation specially for you:

    http://www.you.co.za/articles/Food/Chermoula-chicken
  2. gomotsegang matsime
    2010/02/23 12:22:26 nm
    ek kan afrikaans praat maar die ander woorde ek kan nie verstaan is daar nie resep wa so lekker soos die ander wat in engels is virnaam die hoender resep,en koeke
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities