Spogtoebroodjies

E-pos
Print

Gebruik interessante brode soos rogbrood, ciabattas en lae-GI-saadbrood om die allerlekkerste toebroodjies mee te
maak. Smeer pleks van margarien of botter ’n smeersel gladde maaskaas, gemeng met ’n bietjie mayonnaise, oor en stapel dan jou vulsels op.

VULSEL-IDEES
Hierdie broodjie laat my dink aan die triple dagwood wat ons laataande op Stellenbosch by die Griek op die hoek gaan
koop het.

1 ROGBROOD
Breek gerookte makriel of snoek in stukke en stapel saam met roket, gekapte ui en uiemarmelade op die brood.

2 CIABATTA OF SUURDEEGBROOD

Rooster die ciabatta en meng maaskaas met mosterd.

Pak skywe peperham bo-op saam met skywe Delite-kaas, pikantrissies en roketblare.

3 LAE-GI-SAADBROOD

Rooster die snytjies brood. Meng ’n bietjie mosterd met maaskaas.

Stapel slaaiblare, gebraaide spekvleis (met ’n dun vetrand) en skywe tamatie bo-op en rond af met ’n gebakte eier indien verkies.

ALTERNATIEF
Smeer die ciabatta met basiliepesto en pak skywe mozzarella en tamatie op. Rond af met basilieblare.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 13 Januarie 2011.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.