Skerp herderspastei met patatbolaag

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 10-15 minute
Gaarmaaktyd: 1-1½ uur

PATATBOLAAG
1 kg patat, geskil en in stukke gesny
180 ml (¾ k) lemoensap
30 ml (2 e) botter
hand vol koljanderblare, gekap (opsioneel)
seesout en gemaalde swart-
peper

MAALVLEIS
45 ml (3 e) olie
2 uie, gekap
seesout
2 knoffelhuisies, fyn gepers
gemaalde swartpeper
1 kg beesmaalvleis
2 vars brandrissies, gekap
15 ml (1 e) gemaalde koljander
15 ml (1 e) gemaalde komyn
15-30 ml (1-2 e) brandrissiepoeier
5 ml (1 t) gedroogde origanum
60 ml (¼ k) pietersielie, gekap
2 blikke (400 g elk) heel tamaties
30 ml (2 e) tamatiepasta
stukkies botter, vir bak

PATATBOLAAG
Laat prut die patat 20 minute in soutwater of tot baie sag. Dreineer (hou die water), maar sit die patat terug in die warm kastrol. Bedek en laat ’n paar minute staan. Meng die lemoensap
en botter geleidelik by die fyn
patat in. Indien nodig, voeg van die gedreineerde water by. Roer die koljander in (indien gebruik) en geur na smaak met sout en peper.

MAALVLEIS
Verhit die olie in ’n kastrol of pan. Voeg die ui en ’n knippie sout by en soteer liggies tot sag. Roer die knoffel in. Verhoog die hitte en roer die maalvleis by tot dit verkleur. Roer die brandrissies, speserye en kruie en ’n bietjie peper by.

Maak die tamaties fyn en voeg dit saam met van die sap uit die blikke by. Roer die tamatiepasta in. Bedek, verlaag die hitte en laat minstens ’n uur liggies prut tot baie sag en geurig – roer af en toe.


Voorverhit die oond tot 200 °C. Keer die vleis in een groot of 6 klein, gesmeerde oondbakke uit. Bedek met fyn patat, stip met botter en bak sowat ’n halfuur of tot dit ’n mooi kleur het.
Sit voor met brandrissie-konfyt en ’n sterk brandrissiesous en rys.

Kry meer resepte in die uitgawe van 28 Januarie 2010.

Vertel ons hoe het jou herderspastei of ander Huisgenoot-resepte uitgekom. Gebruik die kommentaarveld hieronder.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Marietjie Lamprecht
    2010/04/10 12:57:35 nm
    Sjoe, hierdie klink na 'n baie lekker en gesonde variasie - gaan dit beslis probeer en terugrapporteer!
  2. Elizabeth Viljoen
    2010/02/15 11:03:20 nm
    Dankie vir hierdie resep. Patats het 'n lae G.I. Ek dink dit kan miskien net werk vir diabete.
  3. Jeanne-Mari de Wet
    2010/02/10 12:07:17 nm
    Hierdie is baie baie lekker. Die soet pampoen is heerlik, ek het meer gebruik vir n dikker laag.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities