Resep van die week: Vyf terte en vier kitskorse

E-pos
Print

Weet jy nooit wat om vir poeding te maak nie? Of is jy soos ek met moed wat my totaal begewe sodra ek aan enige soetgebak dink? Hier is vyf baie maklike terte wat jy binne ’n japtrap kan maak en vier kitskorse – sonder moeite of teleurstellings.

Genoeg vir 4-6 mense / Bereidingstyd: 15 minute / Stoltyd: sowat 2 uur

KORS: 6 (40 g elk) muesli-energiestafies soos Jungle Energy Bar

VULSEL: 1 pakkie (80 g) pynappeljellie; 200 ml kookwater; 1 blik (375 g) kondensmelk; 60 ml (¼ k) vars suurlemoensap; 500 (2 k) grenadellajogurt; 50 ml grenadellapulp

KORS: Plaas die energiestafies in ’n mengbak en breek lossies met jou hande. Plaas sowat 10 sekondes in die mikrogolfoond net om dit meer hanteerbaar te maak. Smeer ’n tertpan (22 cm) met gesmelte botter of spuit met ’n kleefwerende kossproei. Gebruik jou vingers en druk die mengsel stewig teen die bodem en kante van die tertpan vas.

VULSEL Los die jellie op in die kookwater en laat afkoel (moenie dat dit stol nie). Klits die kondensmelk en suurlemoensap saam; dit sal effens verdik. Roer die afgekoelde jellie en jogurt hierby in. Giet die mengsel in die voorbereide tertpan en plaas in die yskas tot gestol. Garneer met grenadellapulp.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. Betsie
    2011/10/23 10:30:37
    Soek nes Susan na die res, 'n melktert met karamel en room bo-op
  2. Susan
    2011/08/28 11:15:06
    Die tert lyk heerlik maar ek kry net een hoe moet ek maak om die res te kry
  3. Estelle Naudé
    2011/06/22 01:39:18 nm
    Hierdie tert is 'n wenner en baie geliefd in my huis
  4. Darelina
    2011/05/27 02:35:12 nm
    Dit lyk lekker en so vinnig om te maak.
  5. cheryl
    2010/09/21 07:04:06 nm
    Tik jou kommentaar hier in...
  6. Fransie
    2010/03/04 03:21:32 nm
    Lekker
  7. Ingrid
    2010/03/01 12:24:55 nm
    Tert Resepte