Resep: Volstruis-ghoelasj met sjerrie

E-pos
Print

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 35-40 minute


10 ml (2 t) olyf- of canola-olie
1 groot ui, geskil en fyn gekap
10 ml (2 t) mosterdsaad of 5 ml
(1 t) mosterdpoeier
500 g volstruissteak, in klein blokkies gesny
15 ml (1 e) koekmeel
10 ml (2 t) biefaftrekselpoeier, laernatrium
30 ml (1 x 50 g-sakkie) tamatiepasta
10 ml (2 t) tamatiesous
2 ml (½ t) suiker
15 ml (1 e) balsemieke asyn
15 ml (1 e) sojasous
30-45 ml (2-3 e) soet sjerrie
5 ml (1 t) droë origanum of
20 ml (4 t) vars origanum
300 g sampioene, in skywe gesny (’n mengsel van oester-, bruin- en dwergsampioene werk goed)
2 ml (½ t) sout
vars gemaalde swartpeper na smaak
30 ml (2 e) vars pietersielie, gekap

Verhit die olie in ’n groot, vlak kastrol en soteer die ui tot deurskynend. Voeg die mosterdsaad (of -poeier) by en roer tot die saad begin ontplof (as jy die saad gebruik). (Mosterdsaad voeg ekstra geur by sonder die skerp smaak, terwyl mosterdpoeier ’n effense byt het.) Voeg die vleis by en besprinkel met die meel en aftrekselpoeier. Roer tot dit deeglik gemeng is, en laat kook tot die vleis effens verbruin. Voeg die tamatiepasta, tamatiesous, suiker, asyn, sojasous, sjerrie en genoeg water by om die vleis net te bedek (sowat ½ koppie). Bedek met ’n deksel of tinfoelie.
Verlaag die hitte en laat prut sowat 20 minute. Voeg die origanum en sampioene by en kook onbedek vir 15 minute.
Geur met die sout en peper en roer die pietersielie in.

Sit voor op laer-GI-pasta of-rys (125 ml per persoon) en twee tot drie gaar groentesoorte.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)