Resep: Spaghetti bolognese

E-pos
Print

Die meeste kinders is gek oor spaghetti bolognese. Hierdie sous het lekker baie ekstra groente by om dit gesond te maak. Jy kan die sous vooraf maak en vries.

Maak 16 porsies
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 2 uur
Koste per porsie: +- R11,00

Bestandele

125 ml (½ k) olie
4 uie, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
2 groenrissies, ontkern en in klein stukkies gesny (opsioneel)
1 klein bossie seldery, in stukkies gesny
1,5 kg maer beesmaalvleis
3 blikke (400 g elk) tamaties of 1,2 kg vars pruimtamaties, ontvel
1 sakkie (300 g) spinasie, ontstingel en fyn-fyn opgekap
4 sakkies (60 g elk) tamatiepasta
30 ml (2 e) gekapte basilie
5 ml (1 t) vars roosmarynblare, gekap
5 ml (1 t) vars marjolein of origanum
15-30 ml (1-2 e) suiker
sout en vars gemaalde swartpeper na smaak
375 ml(1½ k) groente-aftreksel of rooi wyn
10-12 pakke (500 g elk) spaghetti, gaargemaak volgens die aanwysings op die pak

Metode

Verhit die olie en roerbraai die ui, knoffel, groenrissies en seldery in ’n groterige pan of kastrol tot sag. Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar, maar nie bruin nie. (Breek die vleis op met ’n vurk.)

Voeg die res van die bestanddele by, bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut sowat 2 uur tot ’n geurige sous. Sit voor met spaghetti.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (4)


  1. Sus
    2011/06/24 09:05:19
    Maak vir die familie. 'n Lekker groot resep.
  2. Belinda
    2011/02/02 02:48:30 nm
    Huisgenoot is fantastie en dankie vir die lekker resepte!!!
  3. lauzanne
    2010/10/04 12:27:59 nm
    baie dankie vir baie lekkkkkker resepte!!!