Ons vinnige variasie van hierdie bekende Britse gereg is ’n heerlik eenskottelmaaltyd en ideaal vir aandete. Sit dit voor met ’n groenslaai en ’n ekstra skeppi skerp mosterd.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 mintue
Gaarmaaktyd: 40-50 minute
500 ml (2 k) bruismeel
5 ml (1 t) sout
80 g (j⁄I k) botter, gesmelt
250 ml (1 k) karringmelk
250 ml (1 k) melk
30 ml (2 e) mosterdpoeier
4 repe spek, gehalveer
1 blik (390 g) Weense worsies, gedreineer
15 ml (1 e) pietersielie
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sif die bruismeel en sout saam in ’n groot mengbak. Klits die botter, karringmelk, melk en mosterd saam en giet by die meel.
Meng goed sodat daar geen klonte in die beslag is nie. Gooi die beslag in ’n groot, ronde oondbak, draai ’n halwe stukkie spek om elke worsie en rangskik die worsies binne-in die beslag.
Bak die gereg 40-50 minute of tot dit gaar en goudbruin is. Garneer met vars pietersielieblare en sit voor saam met ’n groenslaai.