Resep: Olyfquiche

E-pos
Print

Dié heerlike quiche het ’n spesifieke olyfsmaak, maar die soet rooiuie balanseer dit lekker. Dis genoeg vir 4-6 mense. Die bereidingstyd is 15 minute, staantyd 30 minute en gaarmaaktyd 45-60 minute.

DEEG:
200 g koekmeel; 5 ml (1 t) sout; 100 g botter, in blokkies gesny; 30-40 ml yswater. VULSEL: ’n bietjie olie; 2 rooiuie, fyn gekap; 2 knoffelhuisies, fyn gekap; sout en vars gemaalde swartpeper; sowat 20 swart olywe, ontpit; 1 geel soetrissie, in repies gesny; 250 g roomkaas; 100 ml melk; 30 ml (2 e) groenolyftapenade; 4 eiers; 2 eiergele en vars groen blare vir garnering.

METODE:
DEEG: Plaas die meel, sout en botter in ’n voedselverwerker en pols tot dit lyk soos groot krummels. Voeg van die yswater by en pols tot ’n sagte deeg net vorm. Verwyder die deeg uit die voedselverwerker, druk effens plat en bedek met kleefplastiek. Laat rus die deeg vir 30 minute in die yskas. Voorverhit die oond tot 200 °C. Rol die deeg liggies uit op ’n meelbestrooide werkoppervlak en voer ’n quichepan, 22 cm in deursnee, daarmee uit. Prik die bodem met ’n vurk en laat rus vir nog 10 minute in die yskas. Bak die deeg 10-15 minute blind, verwyder die bone en bakpapier en plaas die tertdeeg vir nog 3 minute in die oond. Verwyder uit die oond en verlaag die oondtemperatuur tot 180 °C.

VULSEL:
Verhit die olie en roerbraai die uie en knoffel ’n paar minute. Geur met sout en peper. Roer die olywe en geel soetrissie by en giet die mengsel in die voorbereide tertkors. Klits die roomkaas, melk, olyf-tapenade en eiers tot goed gemeng. Geur met sout en giet oor die uiemengsel. Bak 30-40 minute of tot gaar en sit voor saam met groen blare.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)