Resep: Lamskerrie

E-pos
Print

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 20 minute
Staantyd: oornag of minstens 1 uur
Gaarmaaktyd: sowat 3 uur

45 ml (3 e) olyfolie
20 ml (4 t) gerasperde vars gemmer
3 knoffelhuisies, fyn gekap
20 ml (4 t) garam masala
10 ml (2 t) borrie
sap en skil van een groot suurlemoen
1,5 kg lamskenkels, in 2 cm-stukke gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
2 uie, grof gekap
2 selderystingels, grof gekap
2 wortels, geskil en grof gekap
1 blik (400 g) heel tamaties, grof gekap
50 ml tamatiepasta
2 rooi brandrissies (opsioneel)
250 ml (1 k) vleisaftreksel

Meng die helfte van die olie met die gemmer, knoffel, garam masala, borrie, sap en skil van die suurlemoen. Plaas die vleisblokkies in ’n glasbak en geur dit met sout en vars gemaalde swartpeper. Vryf die kerriemengsel in die vleis in. Maak seker al die blokkies word goed bedek met die kerrie. Bedek die glasbak en laat staan oornag of minstens 1 uur.

Verhit die res van die olie en braai die uie, seldery en wortels ’n paar minute, skep die vleis by en braai tot dit verkleur. Giet die tamaties, tamatiepasta, brand-rissies en aftreksel by, bring tot kookpunt en plaas die deksel op. Verlaag die hitte en laat prut die kerrie sowat 2-2½ uur.

Sit voor met ’n sambal van gekapte tamatie, komkommer, uie, koljanderblare, sap en skil, sout en peper.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. Riaan
    2010/07/27 10:21:08
    @Hester - ek maak gereeld my eie chillies en blatjang. ek het nie regte afmetings nie omdat ek dit altyd maak volgens my smaak. Maar die basiese resep vir 'n lekker soet chillie wat brand is:
    40 chillies ( rooi of groen of gemeng -hang van jou af )
    Suiker
    Asyn
    knoffel
    bietjie gemmer
    Kook alles op en sit dan deur die voedselverwerker as jy 'n dunnerige sous wil he. ( Die resep is heerlik oor alles en brand lekker - verwyder al die pitte van die chillies as jy dit nie te warm wil he nie.
    As jy van Jalapeno hou - kan jy net groen chillies,green pepper,asyn,suiker,gemmer en garlic saam kook - dit is net so lekker.
    Chillie chutney is presies soos hierbo - ek sny gewoonlik ryp mangos ( sonder baie hare ) saam met die chillie in - dit is heerlik. Hoop dit help
  2. Els Stap
    2010/07/09 05:35:03 nm
    Hallo ,ik ben een nederlandse vrouw en al een paar keer in Pretoria geweest,en dan eet ik heel lekker,vootal bobotie en lams chops.nu ga ik de lamskerry maken.
    Hartelijke groeten ELS
  3. Hester Kruis
    2010/07/01 08:55:37 nm
    Ek soek 'n resep wat soos blatjang\atchar is van brand rissies. Kan iemand dalk help?
  4. Zinzi
    2010/07/01 06:34:01 nm
    Ag ek het vergeet, plaas groot asb. n resep van die bak van n saadbroodjie? Asb!!!!
  5. Zinzi
    2010/07/01 06:31:28 nm
    Ek is so bly jul plaas deesdae resepte van regte, egte versadig-maakkos. Die resepte met een wortel en drie ertjies het ek eenvoudig vinnig verbygeblaai. Ek sou net n bak rys of gekookte koring by hierdie lamskerrie opgedien het, en moenie die perskebladjang vergeet nie!
  6. Michelle Nel
    2010/07/01 03:54:19 nm
    Tik jou kommentaar hier in...
  7. Christine
    2010/07/01 03:31:59 nm
    Ek soek 'n resep vir 'n Tramezini deeg! Help asb.