Die karringmelkpoeding was ’n ou gunsteling in die Clanwilliam-hotel.
Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
180 ml (¾ k) suiker
15 ml (1 e) botter
3 eiers
30 ml (2 e) koekmeel
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) volroommelk
250 ml (1 k) karringmelk
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondbak of 4-6 afsonderlike oondvaste bakkies.
Verroom die suiker en botter saam. Voeg die eiers een vir een by en klits. Voeg die koekmeel en vanieljegeursel by. Meng die melk en karringmelk en voeg dit by die meelmengsel. Meng en giet in die voorbereide bak(kies). Plaas in ’n oondpan gevul met water en bak sowat 40 minute tot gaar.
Skep op uit die potte van die voorslagvroue van die Cederberg. Daamee saam kom die lekkerste geur-onthoue van hoe dit was en hoe dit moet wees... Meer van hierdie resepte in die uitgawe van 29 April 2010.
Cederberg-fees - 30 April - 2 Mei
Cederberg-kosproe saam met Carmen Niehaus en baaskokke uit die omtes in die Reinholds Restaurant
Carmen Niehaus, kosredakteur en samesteller van Huisgenoot se Wenresepteboeke gesels met baaskokke uit die
Cederberg-omgewing oor kosse van die verlede: kry saam pruilmond oor boerbokpastei, boontjiebredie en
beesstert; tuisgebakte brood met konfyt; smoorsnoek en afval of karringmelkpoeding en ander verleidelikhede
terwyl jul lustig saamproe aan happies van dié smulkosse.
Besoek www.cederbergfees.co.za