Resep: Brijani

E-pos
Print

Hier’s Huisgenoot se kombuisassistent, Priscilla Pietersen, se lekker familieresep.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Staantyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute

MARINADE
5 ml (1 t) brijani-heelspeserymengsel
15 ml (1 e) brijani-masala
10 ml (2 t) garam masala
5 ml (1 t) droë brandrissies, gekap
100 ml natuurlike jogurt

HOENDER
8 hoenderporsies
sout na smaak
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) gemmerwortel, gerasper
60 ml (¼ k) koljanderblare, gekap
1 groen soetrissie, fyn gekap
1 lourierblaar
160 ml (2/3 k) water
1 stuk heel kaneel

RYS EN LENSIES
500 ml (2 k) gaar basmati-rys
250 (1 k) gaar bruinlensies
30 ml (2 e) botter
3 eiers, hardgekook en in kwarte gesny
vars koljanderblare

MARINADE
Meng al die marinadebestanddele.

HOENDER
Geur die hoenderporsies met sout en giet die marinade oor die hoender. Maak seker die hoender is goed bedek met die marinade en laat staan sowat 20 minute. Verhit die olie in ’n groot kastrol en braai die ui, knoffel, gemmer, koljanderblare, soetrissie en lourierblaar sowat 5 minute. Skep die uiemengsel uit en giet die water in die pot. Bring tot
kookpunt en plaas die hoender met die marinade en kaneelstok in die water. Bedek, verlaag die hitte en laat prut sowat 30 minute.

RYS EN LENSIES
Skep die uiemengsel, rys en lensies by die hoender in die pot, meng goed en stip met botter. Plaas die deksel op
en laat stoom sowat 10 minute. Sit voor saam met hardgekookte eiers.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (13)


  1. Renate Jordaan
    2011/08/12 10:19:15
    Eerste keer dat ek 'n Briyani resep sien wat nie 'n ellelange lys bestanddele het nie.Gaan definitief probeer.
  2. Debbie Hull
    2011/06/19 06:47:42 nm
    Dankie vir goeie en lekker resepte, ek soek na 'n kinder balaklawa mussie breipatroon vir kinders. Plaas vir ons so 'n patroon asb.
  3. chanelle
    2011/02/03 08:44:41 nm
    Ek stem saam, heerlik.... Ook vir die brei patrone vir poppe sal ek bly wees
  4. Karen Kruger
    2010/11/04 08:35:39
    asb. wat van breipatrone vir first love poppe vir hierdie ouma om te brei vir 2 kleindogters
  5. Malan Smit
    2010/08/29 10:11:59 nm
    Dit was uitsteekend en almal was mal daar oor.
  6. Paul
    2010/06/21 11:55:31
    Bruin Rys low GI
  7. Dewald Gouws
    2010/05/29 10:37:55
    Dankie vir die een. Ek het dit gisteraand gemaak en almal het van dit gehou. Was sowaar n wenner gewees. Sal die resep defnitief weer gebruik. Het slegs n groen slaai bygemaak en was heel gepas so voor die super 14 eindstryd in Soweto. Groete Dewald
  8. jo anne de villies
    2010/05/19 09:27:06
    Dankie huisgenoot dat julle ons huis vrouens se lewe maklik maak deur vir ons lekke resepte te plaas dit maak elke aand van kook soveel makliker as ek soms nie wee wat om te maak nie gryp ek n huisgenoot resepie baie dankie . groete Jo anne
  9. Elize Lamprecht
    2010/05/18 01:53:02 nm
    Ek geniet elke resep wat julle plaas in huisgenoot. Dankie vir die resepte
  10. Trudy Smith
    2010/05/14 08:41:05 nm
    Dankie vir die heerlike resepte wat geplaas word. Wat van brei patrone. Ek is dringend op soek na gebreide poppe en first love en baby doll brei patrone. Dit sal welkom wees vir die winter aande en om oor die naweek te brei.

    Groete
    Trudy
  11. Selma Boshoff
    2010/05/14 05:41:19 nm
    Heerlik vir die winter!!!!!!!!!!!