Resep: Aartappel-en-spinasiegebak

E-pos
Print

Genoeg vir 10-12 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Baktyd: 30-40 minute

8 aartappels, gewas
1 L (4 k) water
sout
30 ml (2 e) botter
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
15 ml (1 e) groentesprinkelsout
250 g (1 houer) gladde maaskaas
2 bosse spinasie, deeglik gewas en gesnipper
250 ml (1 k) gerasperde kaas van jou keuse
olie (verkieslik olyfolie) om mee te bedruip
30 ml (2 e) gekapte vars pietersielie

Sit die aartappels en water in ’n kastrol, voeg sout by en kook sowat 15-20 minute tot die aartappels gaar is, maar nie oorgaar nie. Verhit intussen die olie of botter in ’n groot braaipan en braai die ui en knoffel liggies vir 2-3 minute tot sag en geurig. Geur met groentesprinkelsout en roer dan die gladde maaskaas in. Voeg die gesnipperde spinasie by en laat ook hoogstens 2-3 minute terwyl jy aanhoudend roer. (Dit moet nog nie gaar wees nie.) Verwyder van die hitte en roer die helfte van die kaas by. Sit dit eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n middelslagoondbak liggies met olie of botter. Sny die gaar aartappels in skywe. Rangskik die helfte van die gesnyde aartappels in die voorbereide bak, geur met groentesprinkelsout en bedek met die spinasiemengsel. Rangskik die res van die aartappels bo-op die spinasie, bedruip of borsel met olie en bak 20 minute. Besprinkel dit met die res van die kaas en kruie en bak nog 10-20 minute tot gaar. Sit voor as ’n bykos.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (6)


  1. retha
    2010/12/30 06:49:03 nm
    hier is abs\oluut iets vir almal se geure en smake, julle doen puik werk - ek mis net die randrekkers wat jare gelede in huisgenoot was - deesdae se kospryse moet maar sit en beplan en beplan met groot huisgesin
  2. Alida Cilliers
    2010/09/26 12:06:50 nm
    Vir die eerste keer het ek my man gekry om spinasie te eet. Baie lekker.
  3. amelia
    2010/08/10 02:50:23 nm
    Dit klink baie interessant. Gaan dit gerus probeer, vrek oor kosmaak
  4. Tersia Mostert
    2010/07/30 08:46:17
    Dit klink absoluut ongelooflik lekker!
  5. Esther de Beer
    2010/07/29 09:42:12
    Baie dankie, dis 'n heerlike resep. Ek gaan dit beslis die naweek maak.
  6. wilma
    2010/07/28 09:33:34 nm
    geen.