Lewer 4 porsies.
1 pak (500 g) penne-pasta
30 ml (2 e) olyfolie
1 groot rooi-ui, in dun wiggies gesny
1 pakkie (100 g) salami, gesnipper
30 ml (2 e) vars roosmarynblaartjies
1 blik (410 g) tamatiepuree
125 ml (½ k) water
1 pakkie (240 g) songedroogde tamaties in vinaigrette, gekap
sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak
50 g (½ wiggie) bloukaas of 1 wiel fetakaas, gekrummel
80 ml (⅓ k) okkerneute, grof gekap
Kook die pasta in vinnig kokende soutwater tot gaar maar steeds ferm.
Terwyl die pasta kook, verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag.
Voeg die salami en roosmaryn by en braai 1 minuut.
Voeg die tamatiepuree, water en gekapte songedroogde tamaties by en verhit tot kookpunt.
Laat prut 2-3 minute, tot deurwarm.
Geur na smaak met sout, peper en ’n knippie suiker.
Dreineer die pasta en gooi by die sous.
Meng deur en sprinkel die gekrummelde kaas en gekapte okkerneute oor.
Sit dadelik voor.
Foto: Misha Miles
Volg Huisgenoot op Twitter.