Mexikaanse eenskottelgereg

E-pos
Print

Die eiers word sommer bo-op dié geurige maalvleismengsel gaargemaak. Sit dit voor vir ’n laatontbyt.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15–20 minute
Gaarmaaktyd: 30-40 minute

30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 rooi brandrissie, fyn gekap
(opsioneel)
500 g maalvleis
sout en vars gemaalde swartpeper
1 wortel, fyn gerasper
1 blik (400 g) gekapte tamaties
1 blik (400 g) gebakte boontjies
30 ml (2 e) blatjang
4-6 eiers
125 ml cheddarkaas, gerasper
brandrissie, fyn gekap, vir garnering
koljanderblare, fyn gekap, vir garnering

Verhit die olie in ’n vlak pan en braai die ui, knoffel en brandrissie tot sag. Voeg die vleis by en braai tot gaar. Geur met sout en peper. Voeg die wortel, tamaties, gebakte boontjies en blatjang by en laat prut sowat 30 minute. Geur indien nodig. Maak holtes in die vleis en breek ’n eier in elk. Bedek die pan en laat prut oor ’n lae hitte tot die eiers gaar is. Sprinkel kaas oor en garneer met brandrissie en koljanderblare.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. Andries J Fourie
    2010/08/18 11:54:18
    Lyk heerlik, maak dit sondag vir ontbyt.
  2. leon
    2010/08/09 01:28:14 nm
    heerlike gereg, maklik om te maak en dit hou goed in die yskas vir n lekker ontbyt.