Maalvleis-en-macaroni-gebak

E-pos
Print

Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 20-25 minute

350 g macaroni
15 ml (1 e) olie
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
500 g maer maalvleis
sout en vars gemaalde swartpeper
2 groot tamaties, ontvel en in blokkies gesny
500 ml (2 k) gaar gemengde groente
20 ml (4 t) blatjang
40 ml (8 t) basiliepesto
3 ekstra groot eiers, geklits
250 g (1 houer) gladde maaskaas
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
ekstra pesto (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n oondvaste bak. Kook die macaroni in genoeg soutwater tot net gaar (al dente), dreineer en hou eenkant. Verhit die olie in ’n groot kastol en braai die ui en knoffel ’n paar minute. Voeg die maalvleis by en braai tot gaar. Geur met sout en peper.

Roer die tamaties, groente, blatjang en pesto by die maalvleismengsel in en meng goed. Giet die macaroni in ’n groot
oondbak en skep die maalvleismengsel oor; meng liggies.

Klits die eiers, maaskaas en room bymekaar en giet oor die maalvleis-en-macaronimengsel. Sprinkel die cheddar oor en bak 20-25 minute tot warm en die kaas gesmelt is.

Skep op en rond af met ’n ekstra skeppie pesto bo-oor, indien verkies.

Sit voor saam met ’n groenslaai.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (12)


  1. Yolandi
    2010/09/07 01:38:42 nm

    Ek kan glad nie lekker kos maak nie, maar sien Huisgenoot gaan my mooi help met dit.
    Julle kos lyk so lekker en tog so maklik. Dankie baie
  2. Annatjie
    2010/07/12 03:02:44 nm
    Ek het die macaroni gereg gemaak, wetende dat my man en gesin NIKS van macaroni hou nie, net vir die wis en die onwis het ek maar ekstra maalvleis gemaak en dit eenkant gehou. Die aand het ek op geskep en vir hom net 'n klein skeppie gegee, ek het gese hy moet maar proe, as hy nie daarvan hou nie is daar nog maalvleis en kan ek vir hom maar jaffels maak, wel tot my verbasing het hy 3 helpings gehad en gese dit was so lekker ek kan dit maar weer maak. DANKIE HUISGENOOT!!!
  3. hester van rensburg
    2010/07/07 06:47:11 nm
    enige iets met macaroni is maklik en bekostigbaar--- en min skottelgoed
  4. Rinie de Kock
    2010/07/06 02:54:40 nm
    Man lief gaan baie bly wees oor die macaroni gereg, baie dankie huisgenoot.
    Hy is baie gek oor Enige macaroni gereg.
  5. Izel
    2010/07/06 01:20:36 nm
    Gaan dit vanaand probeer.
  6. martie van zyl
    2010/07/06 01:15:27 nm
    hoe honger is ek nou...
  7. Annette Cornelius
    2010/07/06 12:56:32 nm
    Gaan dit defnitief op my man uittoets.
  8. gerda
    2010/07/06 12:49:44 nm
    Tik jou kommentaar hier in...
  9. navonia
    2010/07/06 12:47:33 nm
    uitstekende resepi baie vullend
  10. Anna Britz
    2010/07/06 12:34:49 nm
    Lyk wonderlik dankie
  11. Yolande Hewitt
    2010/07/06 12:33:42 nm
    Raai wat eet ons vannaand??!! :o)
  12. marina muller
    2010/07/06 11:06:54
    dit is nou regtig n baie leka macaroni resep en baie vullend.