Lekker burger-resep

E-pos
Print

Burgers was nog altyd gewild by oud en jonk en as jy jou eie eersteklas-burger kan prakseer, des te beter.

Bou jou gunsteling met dié heerlike burgerresep en kombineer dit dan met enige bolaag van jou keuse.

20 ml (4 t) olie of botter
½ ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 kg steak-maalvleis
5 ml (1 t) worcestersous
2 ml (½ t) tabascosous
2 eiers, liggies geklits
15 ml (3 t) braaivleisspeserye
sout en vars gemaalde swartpeper
20 ml (4 t) olyfolie
6 sesamrolletjies
60 ml (½ k) ekstra botter vir smeer
1 groot hand vol slaaiblare
2 tamaties, in dik skywe gesny
6 agurkies, in dun skyfies gesny
80 ml (􀈧/􀊗 k) mayonnaise

STAP 1
Verhit die olie of botter in ’n pan oor matige hitte en braai die ui en knoffel tot dit sag is. Dit moenie bruin verkleur nie. Skep die uimengsel in ’n bak.

STAP 2
Meng die maalvleis, worcestersous, tabasco, eiers en braaivleisspeserye by en geur mildelik met sout en peper. Verdeel die vleismengsel in ses ewe groot balle en druk dit plat om burgers te vorm. Smeer die olyfolie met ’n kwas aan weerskante van die burgers.

STAP 3
Verhit ’n dikboompan oor hoë hitte en braai die burgers aan weerskante om dit te verseël. Verlaag die hitte en braai 4 –
6 minute verder aan elke kant. Dit kan ook op die kole gebraai word.

STAP 4
Sny die broodrolletjies deur en smeer dit goed met botter. Pak slaaiblare op en plaas die burgers bo-op die blare. Pak nou
tamatieskyfies en argurkies op. Skep laastens ’n bietjie mayonnaise oor.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)