Koeskoesslaai met botterskorsie en feta

E-pos
Print

Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute
Genoeg vir 4-6 mense


KOESKOES
450 ml water
5 ml (1 t) sout
15 ml (1 e) olyfolie
500 ml (2 k) koeskoes
15 g botter

BOTTERSKORSIE-EN-FETAMENGSEL

600 g botterskorsie
1 groot ui, in repe gesny
sout en vars gemaalde swartpeper
15 ml (1 e) vars roosmaryn, fyn gekap
60 ml (¼ k) olyfolie
100 g fetakaas, in blokkies gesny
roketblare

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n groot oondbak met olie of spuit met kossproei.

KOESKOES
Verhit die water, sout en olie in ’n kastrol en giet die koeskoes by die kookwater.

Sit die deksel op en laat die koeskoes sowat 5 minute oor lae hitte stoom. Roer die botter by en vlok die koeskoes met ’n vurk.

Sit die deksel terug en laat staan vir nog ’n paar minute.

BOTTERSKORSIE-EN-FETAMENGSEL

Sny intussen die botterskorsie in klein blokkies en sit dit saam met die ui in die voorbereide oondbak.

Geur met sout, peper en roosmaryn en sprinkel van die olyfolie oor.

Bak sowat 20 minute of tot gaar en goudbruin.

Roer die botterskorsieblokkies by die koeskoes, klam aan met ekstra olyfolie indien nodig en roer die kaasblokkies by.

Sit voor saam met roketblare.

WENKE:
Roer gaar hoender of spekstukkies by die slaai.
Vervang die fetakaasblokkies met bokmelkaasskywe.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot, 6 Januarie 2011



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.