Hoender met gekaramelliseerde uie

E-pos
Print

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45-60 minute

1 ui, gekap
60 ml (¼ k) olie
’n groot knippie saffraandrade
5 ml (1 t) fyn gemmer
5 ml (1 t) fyn kaneel
1 heel hoender, in stukke gesny
sout en peper na smaak
500 g baba-uie, geskil
30 ml (2 e) heuning
geroosterde amandels om bo-oor te sprinkel

Braai die gekapte ui in die olie in ’n pan wat groot genoeg is om ook die hoenderstukke in een laag te hou. Voeg die speserye by en meng deur. Pak die hoenderstukke in die pan. Geur met sout en peper en braai tot ligbruin aan albei kante. Voeg sowat 250 ml (1 k) water by en bedek.

Verlaag die hitte en laat prut sowat 15 minute. Voeg die baba-uie by en laat prut nog 25 minute of tot die vleis gaar en
sag is. Verwyder die hoenderstukke en roer die heuning by. Kook tot die meeste vloeistof verdamp het en die uie bruin en gekaramelliseer is. Geur soos nodig. Voeg weer die hoender by en verhit tot warm. Sprinkel amandels oor en sit voor.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (7)


  1. Susan
    2010/08/10 04:17:10 nm
    Woolworths het safraan, dit is baie duur, maar dit is die moeite werd om dit te koop.
  2. Michelle Brown
    2010/08/05 11:42:38
    Dis hemels
  3. Monica Coetzee
    2010/07/30 07:52:50 nm
    Het iemand nog nie die antwoord gekry wat saffraandrade is nie? En nogals ' knippie. Moet seker in poeiervorm wees.
  4. helloise
    2010/07/28 12:16:42 nm
    ek wil ook weet wat saffraandrade is... die resep klink heerlik!
  5. Adeline Raynardt
    2010/07/27 01:46:53 nm
    Absoluut heerlik - dis goedkoop en tog so maklik om voor te berei..... `n koningsmaal by uitstek!!
  6. edward
    2010/07/27 12:56:12 nm
    wat is saffraandrade,wys n prentjie
  7. Gert
    2010/07/27 12:20:17 nm
    ek is n groot hoender fan en ek sal dit defnitief probeer