Hoender en geroosterde soetrissie sop

Hoender-en-geroosterde-soetrissie-sop
Hoender-en-geroosterde-soetrissie-sop

Dis nou vir jou ’n uithaal-en-wys-sop, ideaal vir ’n swierige ete

Jy benodig

  • 12 rooi soetrissies
  • 10 hoenderdye
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak 
  • 30 ml olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1,5 liter hoender-aftreksel 
  • hand vol vars basiliekruidblare, grofgebreek

Verhit jou oond tot 200 °C. Plaas soetrissies op ’n bakplaat en hoenderdye in ’n oondbak. Geur dye met sout en swartpeper. Rooster albei vir sowat 40 minute. Draai soetrissies ná 20 minute om. Haal soetrissies en hoender uit die oond. Plaas soetrissies in ’n bak en maak toe met kleefplastiek. Laat staan vir sowat 15 minute. Verwyder vel en pitte. Sny in dik repe. Verwyder vel en bene van die hoender. Breek hoender in groot stukke. Verhit olyfolie in ’n pan. Voeg ui by en braai tot bruin. Gooi soetrissies en knoffel by. Meng goed. Voeg aftreksel, hoender en basiliekruidblare by. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir sowat 5 minute. Skep in sopborde en sit voor saam met broodrolletjies.

Om te drink
Stellenbosch Hills Chardonnay

Rolletjies
(6 rolletjies)

Jy benodig

  • 250 g witbroodmeel
  • 250 g koekmeel
  • 10 ml sout
  • 10 g kitssuurdeeg
  • 15 ml suiker
  • sowat 250 ml louwarm water
  • 45 ml olyfolie

Verhit jou oond tot 200 °C. Meng broodmeel, koekmeel, sout, suurdeeg en suiker saam in ’n groot mengbak. Voeg water geleidelik by tot ’n lekker stywe deeg. Knie vir sowat 10 minute.
Plaas in ’n groot mengbak en smeer ’n bietjie olyfolie oor. Maak toe met kleefplastiek en laat tot dubbel die grootte rys. Knie deeg af en voeg die olyfolie by. Knie dit goed deur. Vorm
broodrolletjies. Sprinkel meel op ’n bakplaat en plaas rolletjies daarop. Maak klein snytjies bo-op elke rolletjie. Sprinkel nog meel oor en laat rys tot dubbel die grootte. Plaas in die warm
oond en bak vir 35 minute.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (2)


  1. Huisgenoot
    2009/07/10 10:29:13
    °¬¬¬°==µ°µ?˜?˜¬ˆ¨øˆ¨øˆ¥¨©¨¥¥†ƒ†®ç®´ßçƒç©
  2. Huisgenoot
    2009/07/10 10:28:44
    Dit lyk vinger lek lekker!
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities