As jy nie die skulppasta in die hande kry nie, roer die botterboonpasta saam met die gebaktebone-sous deur gaar pasta; dit werk net so lekker.
Genoeg vir 4 porsies
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 40-50 minute
125 g spekvleis, fyn gekap
1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
200 g fetakaas, gekrummel
15 ml (1 e) vars pietersielie
30 ml (2 e) olyfolie
sout en vars gemaalde swartpeper
200 g grootskulppasta, gaargemaak
SOUS
30 ml (2 e) olyfolie
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
1 blik (400 g) gekapte tamaties
15 ml (1 e) tamatiepasta
5 ml (1 t) suiker
sout en vars gemaalde swartpeper
1 blik (410 g) gebakte bone
50 ml mozzarellakaas, gerasper
basilie vir garnering
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Verhit ’n pan en braai die spek tot bros. Dreineer op ’n stukkie kombuispapier en hou eenkant. Plaas die botterbone in ’n voedselverwerker en pols tot fyn.
Meng die fyn bone met fetakaas, pietersielie, spek en olyfolie. Geur met sout en peper. Vul elke skulp met botterboonpasta en hou eenkant.
SOUS
Verhit die olyfolie en braai die ui en knoffel tot sag en geurig.Roer die tamatie, tamatiepasta, suiker, sout en peper daarby en laat prut sowat 10 minute. Gooi die gebakte bone by en laat prut nog ’n paar minute. Skep die sous in ’n groot oondbak of 4 kleiner oondbakke en rangskik die skulpe binne-in die sous. Sprinkel mozzarellakaas bo-oor die gevulde skulpe en bak 40 minute of tot gaar.
Garneer met basilie.