Genoeg vir 8 mense as ’n voorgereg of bykos
Bereiding: 10-15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
8 groot ryp, ferm tamaties
olyfolie
balsemieke asyn
VULSEL
500 ml (2 k) tagliatelle, gaar
45 ml (3 e) versnipperde basilieblare
125 ml (½ k) parmesaankaas, grof gekap
4-6 gekapte ansjovisfilette
45 ml (3 e) olyfolie
1 knoffelhuisie, fyn gepers
seesout en gemaalde swartpeper na smaak
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Sny die bokante van die tamaties af en hou dit eenkant. Verwyder die pitte en vlees versigtig en verwerk dit in ’n voedselverwerker tot ’n pulp.
Meng die bestanddele vir die vulsel en skep dit in die tamatiedoppe. Plaas die tamaties se afgesnyde bokante terug.
Pak dit in ’n gesmeerde oondbak en giet die tamatiepuree oor.
Geur met seesout en gemaalde swartpeper en klam aan met olie en balsemieke asyn. Bak ’n halfuur lank of tot die tamaties sag is, maar steeds hul vorm behou.
Volg Huisgenoot op Twitter.