Gebakte sout kaaskoek

E-pos
Print

Dis baie ryk; sny dit dus in dun skywe en sit dit voor saam met ’n ligte slaai van jou keuse.

Genoeg vir 1 kaaskoek
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: sowat 1 uur

KORS

200 g (1 pakkie) Cream Crackers
100-125 ml botter, gesmelt

VULSEL
4 ekstra groot eiers
30 ml (2 e) vars suurlemoensap
100 g pecorino, gerasper
100 g bloukaas, gekrummel
3 bakkies (250 g elk) geroomde maaskaas
125 ml (½ k) koekmeel
30 ml (2 e) olyfolie

VERSIERING
20 ml botter
250 g kersietamaties
growwe sout
250 ml (1 k) basilieblare

KORS
Plaas die beskuitjies in ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Giet die botter by en pols liggies tot gemeng.

Skep die krummels in ’n 24 cm-veerklamppan en druk plat met jou hand. Laat rus in die yskas.

VULSEL
Voorverhit die oond tot 180 °C en klits die eiers tot lig.

Roer die res van die vulselbestanddele by en giet in ’n voorbereide tertpan.

Bak sowat 1 uur tot stewig en laat die koek in die oond afkoel.

VERSIERING
Verhit intussen die botter en braai die tamaties tot hulle oopbars. Geur met sout.

Skep die tamaties op die kaaskoek en sprinkel die basilieblare oor.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Huisgenoot 25 Februarie 2010.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (1)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.