Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 10-15 minute
Gaarmaaktyd: 25-30 minute
1 blik (400 g) appels, gedreineer, of 4-5 vars appels, in kwarte gesny
250 ml (1 k) koekmeel
’n knippie sout
250 ml (1 k) suiker
4 ekstragroot eiers
250 ml (1 k) karringmelk
20 ml (4 t) vars suurlemoensap
fyn gerasperde suurlemoenskil
roomys of styfgeklitste room om mee voor te sit
Voorverhit die oond tot 200 °C en rangskik die appelstukke in ’n middelslag-oondpan.
Sif die meel en sout saam in ’n mengbak. Klits die suiker en eiers saam tot lig en romerig en voeg die karringmelk en suurlemoensap by.
Klits die meelmengsel hierby in en giet die beslag oor die appels. Bak 25-30 minute of tot gaar. Garneer met die suurlemoenskil en sit voor met roomys of styfgeklitste room.