Bobotie

Bobotie
Bobotie

Oorspronklik is dit met gemaalde lamsvleis gemaak, maar dis nie meer so maklik te kry nie. Gebruik gerus gemaalde beesvleis - dit werk net so goed.

(4 - 6 porsies)

  • 1 kg beesmaalvleis
  • 1 dik sny bruinbrood
  • 250 ml melk
  • 2 uie, gehalveer en in skywe gesny
  • 30 ml sonneblomolie
  • 15 ml matige kerriepoeier
  • 10 ml borrie
  • 15 ml fyn appelkooskonfyt
  • 1 eier, geklits
  • 30 ml witwynasyn
  • lourierblare
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Eier-bolaag

  • 3 eiers
  • 375 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Verhit jou oond tot 180 °C. Week die bruinbrood tot sag in die melk. Maak die brood fyn met ’n vurk. Verhit die olie in ’n pan en braai uie tot sag en effens bruin. Voeg die kerriepoeier, borrie en appelkooskonfyt by en braai liggies vir sowat 2 minute. Haal die pan van die hitte af. Meng die maalvleis en brood in ’n mengbak. Voeg die uiemengsel en die res van die bestanddele behalwe die lourierblare by. Meng goed en geur met sout en varsgemaalde swartpeper. Plaas die mengsel in ’n oondbak van sowat 30 x 25 cm en druk die lourierblare bo-op. Sit in die warm oond en bak vir 15 minute. Klits intussen die eiers en melk saam en geur met sout en swartpeper. Haal die bobotie uit die oond en gooi die eiermengsel oor. Plaas terug en bak verder vir nog 25 minute.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (3)


  1. lida
    2010/04/08 05:25:39 nm
    Voor de 5 e keer, in 2 jaar tijd, in Zuid Afrika geweest! Wat een heerlijk land en wat een verrukkelijk eten en drinken.
    Nu weer thuis in Nederland de Bobotie gemaakt met een lekker ZA- wijntje erbij en een muziekje van Mr. Pieters & the boy's..........weer genieten dus.
    Ik hoop snel weer terug te gaan
    Baie dankie voor het recept.
    Lida. Nederland.
  2. Marina McLauchlin
    2010/04/07 01:13:02 nm
    Bobotie is ook baie lekker as jy 1 gerasperde appel en 250ml pitlose rosyntjies by die bogenoemde resep voeg.Bedien dit dan met geelrys en rosyne.Vir slaai piesangslaai.8 piesangs gesny in dun skywe ,250ml yogurt cape fruit werk lekker,en 125ml vars room.Meng room en jogurt en voeg by piesangs.
  3. Huisgenoot
    2009/07/10 12:06:49 nm
    Eks honger
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities