Bloukaas-druiweslaai

E-pos
Print

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 10 minute

SOUS

500 ml (2 k) rooiwyn (cabernet
sauvignon)
125-180 ml (½-¾ k) bruinsuiker
knippie sout
heelwat gemengde vars kruie, gekap
vars gemaalde swartpeper na smaak

SLAAI
1 pak (60 g) elk roket- en/of bronkors-slaaiblare
500 ml (2 k) pitlose rooi druiwe, gehalveer
100 g bloukaas, andersins feta, brie of camembert
125 ml (½ k) geroosterde pistasieneute
½ rooiui, in ringe gesny
’n hand vol nat beesbiltong of gerookte beesvleis, in dun skywe gesny (opsioneel)

SOUS
Meng al die sousbestanddele in ’n kastrol en kook oor matige hitte tot taaierig en stroperig. (Jy kan ekstra wyn of suiker byvoeg, na gelang van hoe taai of soet jy dit verkies.).

Verwyder van die hitte en laat afkoel.

SLAAI
Pak die blare in ’n plat slaaibak. Meng die druiwe met die sous en giet driekwart daarvan oor die slaaiblare.

Breek die bloukaas in stukkies en rangskik bo-op.

Garneer met pistasieneute en uie. Stapel biltong boop indien verkies.

Bedruip net voor opdiening met die orige sous.

Volg Huisgenoot op Twitter.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (0)


Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou.