Basiese pizzadeeg

E-pos
Print

Die pizzabasisse word vooraf gebak en dan met interessante bolae versier. Die pizzas word nie weer gebak nadat die bolae opgesit is nie.

Maak 4-6 pizzabasisse
Bereiding:
20 minute
Rustyd: 1 uur
Baktyd: 10 minute

650 g (1 160 ml; 4 2/3 k) bruismeel
220 ml (2/3 k) natuurlike jogurt
1 pakkie (10 g) kitsgis
5 ml (1 t) papawersade
knippie sout
semolina om mee uit te rol
tamatiepuree 

Stap 1
Plaas al die bestanddele behalwe die semolina in die bak van ’n elektriese menger. Gebruik die deeghaak en meng sowat 5 minute tot ’n sagte deeg gevorm het. Verhoog die spoed stadig met tussenposes van ’n minuut terwyl jy meng.
Per hand Plaas die droë bestanddele in ’n hopie op ’n houtbord, maak ’n holte in die middel en gooi die jogurt in die holte. Meng die droë bestanddele ligweg met die jogurt tot goed gemeng. Knie tot die deeg glad en elasties is en nie meer aan jou hande vassit nie. Bedek die bak met kleefplastiek en laat sowat ’n uur lank op ’n warm plek rus.

Stap 2
Verdeel die deeg rofweg in 4-6 bolle, na gelang van hoe groot jy die basisse wil hê.

Stap 3
Rol die pizza uit: Plaas ’n bol deeg op ’n hout- of marmerblad (marmer werk beter, want die deeg sit nie so daaraan vas nie) en druk rofweg plat met jou hande. Dis hier waar die semolina goed te pas kom – besprinkel die deegblad daarmee, veral as die deeg nog effe aan die klam kant is – dan absorbeer die semolina al die oortollige vloeistof en maak dit baie makliker om met die deeg te werk. Terselfdertyd kry die deeg ’n mooi voorkoms.

Stap 4

Gebruik ’n rolstok en rol die deeg so dun moontlik uit. (Ek verkies ’n baie dun kors, maar jy kan dit ook dikker uitrol.)

Stap 5
Voorverhit die oond so warm as wat die oond kan – 270°C. Skakel ook die roosterelement aan. Gebruik ’n dik marmerblad, minstens 2 cm dik (enigiets dunner sal kraak in die oond), en bak die pizzakors in die voorverhitte oond vir sowat 7 minute tot die bokant gedeeltelik goudbruin van kleur is. Draai die basis om en bak ’n verdere 2-3 minute tot goudbruin. Die pizzabasis moet nog effe sag in die middel maar meer bros rondom die kante wees.

Stap 6
Verwyder die pizzakors (asook die marmerblad) uit die oond, plaas dit op ’n houtplank en smeer met ‘n dun lagie tamatiepuree (verkieslik Italiaans). Rangskik enige van die bolae bo-op.Die pizzabasisse word vooraf gebak en dan met interessante bolae versier. Die pizzas word nie weer gebak nadat die bolae opgesit is nie.



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (10)


  1. Gideon
    2010/10/21 07:50:21 nm
    Hi daar. Ek is op soek na die gewone boere fudge resep as jy my kan help epos dit vir my asb. gnordier@telkomsa.net Baie Dankie
  2. Estelle
    2010/09/04 01:55:51 nm
    Dankie vir die lekker resepte!!! Ons EET lekker.....
  3. Alice Booysen
    2010/07/05 08:53:58 nm
    Dankie vir al die lekker resepte.
  4. Leverne Baker
    2010/07/01 06:26:08 nm
    Baie baie dankie vir die resepte. Huisgenoot bly maar bobaas.
  5. Rienie Brown
    2010/05/23 03:21:18 nm
    Ek hou van julle resep, dan kan 'n mens opsit wat jy het, ek gaan die resep vannaand maak. Baie Dankie.
  6. Dalene
    2010/04/29 02:46:16 nm
    Die resepte is na my gestuur deur 'n vriendin. Julle resepte is puik. Hoe kan ek maak om die resepte ook op 'n gereelde basis te kry?
  7. olga
    2010/03/24 05:49:37 nm
    my mense kom nou betyds eet ,elke keer groot verassing.BAIE DANKIE DIT IS MY GEHEIMEIM
  8. renee
    2010/02/09 05:36:54 nm
    Dankie vir al die lekker resepte!!!
  9. Annelene
    2010/01/31 08:21:08 nm
    dieselfde hier met my want 'n mens weet nooit wat om te maak nie allerdaagse kos raak verveelig
  10. Marguerite
    2010/01/29 08:01:41 nm
    ek is baie bly julle het nou sulke lekker respte!! ek gaan dit uitprint en elke week ene pbr!