Video's: Sewejarige skisofreen se hel

(Foto: Met vergunning van Michael Schofield)
(Foto: Met vergunning van Michael Schofield)

Haar “maatjies’’ woon almal in ’n ander wêreld genaamd Calalini waar die kwik soms tot 200 °C styg. Jani Schofield hou ’n skets van ’n kat omhoog. Sy naam is 400, sê sy.

Dit is dié kat, bieg Jani, en ’n rot genaamd Wednesday en ’n meisietjie met die naam 24 Hours, wat vir haar sê sy moet haar mamma, pappa en boetie seermaak. Sy is net sewe jaar oud, maar skisofrenie hou haar te dikwels gevange in ’n donker wêreld.

Sy was vyf jaar oud toe sy probeer selfmoord pleeg het. Dié dag het sy uit haar slaapkamervenster op die tweede verdieping van hul woonstel in Santa Clarita, Kalifornië, probeer spring, vertel haar pa, Michael. ’n Ander keer het sy haarself probeer verwurg.

Haar psigotiese episodes was teen Januarie verlede jaar so erg dat sy in ’n psigiatriese eenheid opgeneem moes word. Wanneer ’n psigotiese episode haar oorrompel het, sou sy haar ouers krap en byt dat die bloed loop, en sy het selfs probeer om haar pa se oë uit te krap. Sekondes later sou sy weer haar ou, liefdevolle self wees.

Met haar intellek skort niks en sy het ’n superieure IK van 146. Maar op vyf het sy al honderde denkbeeldige dierevriende op Calalini gehad. En hoewel Jani gekla het dat sy eensaam is, het dinge net vererger nadat haar boetie, Bodhi, gebore is. Mettertyd moes sy in die hospitaal opgeneem word, en uiteindelik is skisofrenie op ses jaar by haar gediagnoseer.

Dokters doen nou hul bes om haar psigotiese buie met medikasie te beheer, en haar hallusinasies is inderdaad nie meer so kwaai nie. Die gesin het nou twee aparte eenslaapkamerwoonstelle in dieselfde gebou, en sy en haar boetie bly elk in hul eie, sodat hy nie in vrees vir sy ousus grootword nie.

Lees die volledige artikel in Huisgenoot van 25 Februarie.

Kyk ook die videogrepe hieronder.

 



Jou kommentaar is suksesvol gestuur!


Gebruiksooreenkoms:
Huisgenoot behou die reg voor om enige/alle kommentaar te redigeer en/of uit te wis.
Kommentaar wat hier ontvang word, kan ook gebruik word vir publikasie in die Huisgenoot-tydskrif of verwante Media24 publikasies.

Kommentaar word gemodereer en gepubliseer of uitgewis op grond van:
  • Die toepaslikheid van die kommentaar op die artikel
  • Beledigende inhoud
  • Verdagte gebruikersnaam en/of eposadres
  • Herhaling van mening en/of kommentaar
  • Kommentaar wat die Huisgenoot-handelsmerk skade kan doen

Kommentaar (27)


  1. Anna-Marie
    2010/07/12 04:07:05 nm
    God het 'n plan en Hy sal vir haar sorg. Hulle moet net glo.
  2. Pro Jesus
    2010/06/04 03:41:54 nm
    Jesus het demone uitgedryf. Miskien is dit wat hier moet gebeur? Jesus is gister, vandag en tot in alle ewigheid dieselfde!
  3. Melanie
    2010/05/28 11:31:13
    Ek wil die volgende 'facebook groepe graag met jul deel. Die ouers van die kind is self betrokke en agter my soos ek agter hull is. Hierdie familie gaan regtig 'n tawwe tyd deur wat nie oornag gaan verdwyn nie. Die siekte gaan ewig by January bly maak nie saak hoeveel medikasie die dokters haar inprop nie. Neem deel aan die groepe en lees wat die ouers en spesialiste wat direk met Jani te doen het op 'n daaglikse basis ervaar en saam met haar deurgaan dan sal jul beter verstaan dat hierdie nie 'n "dimoon" of "Christelike" probleem is en nog minder die ouers se skuld is weens opvoeding nie. Hierdie is 'n ernstige siekte wat al hoe meer sy kop uitsteek en kinders van al hoe jonger ouderdomme tref. Ek is geen dokter of spesialis nie maar ek is een van maar 'n paar duisend in die wereld wat die kind agter die siekte raakgesien het. (Pa John Schofield se eie woorde)

    http://www.facebook.com/?ref=home#!/group.php?gid=291807420997
  4. Charmaine
    2010/04/30 10:50:24
    Het julle al enige Christelike genesing probeer?
  5. net nog n moeder
    2010/04/15 08:11:42
    Wat gaan in julle koppe aan ?Dis n kleine dogterjie.sy het nie gevra om so te wees nie dis erg vir die ouers maar sy is die 1 wat daarmee moet saam leef.Tabita kom by asb so wat jy dan wil se as jou dogter of seun kanker of enige ander siekte kry dat dit jou skuld is omdat jy n satanis is .Dit is n siekte nie sy of haar ouers het gaan sit en gedink mmm wat kan ons uitdink om aandag te kry nie.Liewe joey kinders kan wreed wees maar dis die ouers se probleem en nie joune nie.
  6. melissa
    2010/04/08 12:50:02 nm
    mense dis nie die familie se skulg nie.dalk weet sy van liewe jesus.. dis glad nie haar ouers se skuld nie.. dis siekte.. en dit kan selfs n dinoon wees.. dis lawwegheid gat van julle dink om haar uit hul huis uit te neem.. dit gaan niks verander nie. dit is in haar nie in haar huis nie. dink bietjie vir julleself.

    sterkte aan die familie,julle is my gedagtes en gebede
  7. Juanita
    2010/04/06 08:26:43 nm
    Ek dink God moet meer van gepraat word in daai huis. En hulle moet haar meer vertel van Liewe Jesus...
  8. annetjie
    2010/03/13 05:39:57 nm
    Dit is n tragedie, Ouers is altyd so trots op hul kinders. as so iets mens oorkom is dit onbeskryflik. Die kind leef van kleins af in haar eie wereld - so dit help nie mens kry haar jammer nie. Dit is haar wereld en niks kan dit verander nie. Die arme ouers moet toesien hoe hul pragtige kind haarself vernietig en hoe sy poog om haarself te dood. Hoe kies n moeder tussen kinders. elke kind is ewe spesiaal vir n moeder,hetsy gebreklik, gestrem of gesond. moeders het hul kinders almal ewe lief... ek kry die moeder die jammerste.
  9. elri 18
    2010/03/06 03:58:36 nm
    om eerlik te wees dink ek dat jani se probleem heeltemal onder beheer geplaas kan word maar dat haar psigotiese toestand wel ook deel daar uit maak dat haar ouers se gedrags patrone verkeerd is. skisoferenie is veral by ouderdomme jonger as 10 nie net sommer n ding wat net gebeur nie daar moes al in haar voorouers se geskiedenis skisofrenie gewees het. my vraag wt ek graag oor meer wil weet is dat hoe cope jani opsigself met har toestand want niemand dink daar aan or jani self nie maar net oor hoe erg dit vir haar ouers is.soms moet mense ook net dink dat daar ander faktore is wat inag geeem moet word dalk was ek nou te eerlik maar dink mooi daar oor na dan sal julle verstaan wat ek bedoel.en sheryl ek stem 100 % saammet jou want op di ou einde is dit net beter vir jani self
  10. joey
    2010/03/04 09:42:20

    Ek stem 100% saam met Sheryl. Onthou die boetie het ook nie gevra om daar te
    wees nie en dit is hy wat eendag sy maatjies huistoe moet nooi en wat gaan die
    maats se reaksie wees . Ons weet almal hoe wreed kinders kan wees. Aan die einde van die dag is die boetie die lydende persoon.
    Ek voel ook jammer vir die ouers , maar wat reg is is reg.
  11. martin
    2010/03/02 12:24:32 nm
    Ek dink dat die siektetoestand van die brein 'n genetiese oorsprong het. Dit behoort moontlik te wees om dmv genetiese toetse voortydig die toestand te kan diagnoseer en dan dienooreenkomstig te behandel.
  12. Siske
    2010/02/27 02:15:07 nm
    Die hele storie is vir my vreeslik hartseer, maar iets wat vir my erger is as die hartseer waar deur die dogtertjie en die familie gaan is die feit dat al die aandag as "roem" beskryf word. Persoonlik dink ek nie dis die beste woord om die situasie of die aandag te beskryf nie.
  13. Theo Verwey Kliniese Sielkundige
    2010/02/26 10:51:50 nm
    Een van die dinge wat ook deur God geskep is, is die van die biochemie van ons liggame. Die God module is jare terug ontdek deur Californiese navorsers in die temporale lobbe van die brein. Nou is dit egter so dat die brein oor genoegsame energie moet beskik om als na behore te kan verwerk en optimaal weer te gee. Mens kan dalk tot die slotsom raak dat sommige mense se breine dalk nie oor genoeg energie beskik om op al sy silinders na gees, siel en liggaam te vuur nie. Die gemiddelde gemete energie-vlak van mense geraak deur skisofrenie is 63 ipv 100+. Gelukkig kan die energie-vlakke gemeet en uitgewysde tekorte aangevul word. Lees gerus meer hieroor by www.nutrimalaika.biz
  14. Tabita
    2010/02/25 06:48:30 nm
    Ek kry die kind baie jammer.Ek dink haar ouers is verantwoordelik vir haar toestand.Is hulle nie dalk besig met satanisme of iets dergliks nie?Ek dink sy moet uit hul toesig geneem word vir 'n jaar en dan weer ge-evalueer word en is amper seker dat sy dan 'n normale klein dogterjie sal wees.Dit is duidelik tekens van demoniese kulte.
  15. Ek
    2010/02/24 04:10:33 nm
    dit moet baie baie erg wees!!! ek dink aan daai familie!
    ons het die fliek gekyk paranomal activity......ek het gewonder is die dinge ooit waar en so paar dae later lees ek die berig! ek is so so bang :-(
    sterkte Schofield familie!
  16. Ek
    2010/02/23 04:42:11 nm
    Dit is so onregverdig en so tipies menslik. Net omdat die kind ANDERS is en anders DINK en anders SIEN en ons dit nie verstaan nie - gooi ons haar arme lyfie vol pille. Sodat sy nes die trop kan lyk.
    Dit is afgryslik!
  17. VERONA
    2010/02/23 03:45:18 nm
    Dit moet baie erg wees vir haar en die gesin. sterkte ons dink aan jul en jul is in ons gebede.
  18. JACKIE W
    2010/02/23 02:38:16 nm
    EK KRY DIE OUERS JAMMER, MAAR EK WIL WEET OF DIT IN DNS TOETSE NIE GEWYS KON WORD NIE. MOES SY EERS ALLES DEURMAAK VOOR DIE DOKTERS BESEF HET WAT HAAR SIEKTE IS.
  19. Adele Geel
    2010/02/23 09:19:19
    My hart gaan uit na hierdie klein meisietjie en haar gesin. Sy het nie gevra om deur hierdie hel te gaan nie en verdien dit beslis nie! Ons dra julle op aan God ons Hemelse Vader en bid en vertrou dat Hy haar sal genees... niks is onmoontlik vir hom nie! Vader neem hierdie gesin in U sterk en liefdevolle arms. Amen.
  20. Maxie
    2010/02/22 10:35:22
    Sheryl, jy't geen idee watter emosies / intense hartseer & konstante pyn hierdie ouers ervaar nie.
  21. anoniem
    2010/02/22 10:13:45
    Ek het die program op opra gekyk en my hart gaan uit na die mense ons kan net bid en vra dat God haar sal genees
  22. Christelle
    2010/02/22 09:05:34
    Al my gebede met jul as ouers, en alle sterkte met die toekoms voorentoe met jul
    dogter. Niemand sal regtig ooit weet waardeur julle gaan nie en sal ook nooit verstaan
    hoe moeilik dit is nie. Maar onthou asseblief net een ding die Here is daar vir julle
    plaas jul dogter tenvolle in sy hande en GLO en VERTROU in hom hy sal jul n uitweg
    wys..... Sy is net n dogterjie van sewe maak nie saak waardeur sy optye gaan nie
    binne haar is die liefde volle ou dogterjie wat julle ken!!! Ek haal my hoed af vir julle.
    Sterkte my vriende en Glo net aan GOD hy is al wie kan help..... Net ook om bly telas
    sy is pragtig!!!!!
    En Sheryl sulke mense soos jy moet eerder net stilbly asb.....
  23. Sindy
    2010/02/21 06:01:09 nm
    Sy is so 'n pragtige kind ... dis vreeslik wat met haar aan die gebeur is. My gebede gaan uit na haar ouers maar veral ook aan haar.
  24. Aimee
    2010/02/21 05:30:37 nm
    Ja Sheryl dis mos wat ons suid afrikaners goed doen... alles onder die mat in vee en net vergeet van ons probleme. ek aal my hoed af vir haar ouers. Hulle besef wat hul verantwoordelikheid is teenoor hul kinders.
    Gelukkig weet God wie sulke stuikelblokke kan hanteer. alle sterkte aan haar ouers.
  25. Leila
    2010/02/20 10:55:38
    My gebede gaan uit na die ouers. Dit moet 'n verskriklike moeilike ding wees om mee saam te leef. So besef ons daagliks hoeveel ons werklik het om voor dankbaar te wees. Ek dink nie dit is regverdig om te sê die ouers is onregverdig nie, hoe kies jy as 'n ma tussen jou twee kinders. Ek dink dit is onmoontlik om so 'n keuse te maak. Ons is nie hier om te oordeel nie, ons moet dink aan hoe dit hulle as 'n gesin wegstuur. Ek glo nie as jou regterarm minder funksie het as jou linkerarm, gaan jy summier jou arm wil afsit omdat die ander arm harder moet werk nie, nee jy gaan als in jou vermoë doen om die ander arm te ondersteun ( by wyse van spreke) Dit sal onregverdig wees om die gesin op te breek, en die meisiekind se ouers en boetie van haar weg te neem omdat sy siek is. Sy het nie gevra daarvoor nie, sy vind dit net so moeilik om mee saam te leef, en sy is onskuldig. Ek haal sowaar my hoed af vir die ouers, mens kan jul moegheid sien, maar weet net - God gee ons niks wat ons nie kan hanteer nie. Sterkte vir elke oomblik - Dit is so moeilik om hoop te hê, maar onthou - niks is by God onmoontlik nie. Dankie Here vir al ons seëninge.
  26. Christine
    2010/02/19 04:14:46 nm
    Alle sterkte en gebede aan die ouers.
  27. Sheryl
    2010/02/19 09:27:35
    Dit was 'n baie insiggewende program. Dit moet moeilik vir die ouers en die kind wees. My mening .. sy moet in 'n skool of instituut geplaas word waar sy 24 uur sorg kry . . .waar psigiaters en dokters haar die heel dag kan oppas, stimuleer en behandel .. die ouers is onregverdig teenoor hulle ander kind.
Jou naam: Jou e-posadres:

Kopiereg © 2010 Media24. Alle regte voorbehou. Built by Blueworld Communities